One Fountain B&B
- Kapasiteit: 14 mense
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Fonteinstraat 1, Barkly-Wes, 8375, Noord-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R1 020 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
One Fountain B&B is 'n klein B&B in Barkly-Wes, sowat 40 km vanaf Kimberley af. Die dorpie spog met 2 kroegrestaurante en dit is teen die Vaalrivier geleë.
Verblyf word in 2 groot slaapkamers en 'n woonstel gebied. Daar is 1 ruim slaapkamer met 2 driekwartbeddens, lugversorging, sekere DStv-kanale, 'n kroegie, 'n en suite-badkamer met 'n stort en 'n bad. Die ander slaapkamer het 2 driekwartbeddens en 'n en suite-badkamer.
Die woonstel beskik oor 'n kombuisie, 'n leefarea en 'n aparte slaapkamer met 'n badkamer. Die kombuis is met al die basiese toebehore, potte en panne toegerus. Daar is ook 'n oondjie met 'n tweeplaatstoof. Sekere DStv-kanale, lugversorging, 'n yskas en 'n privaat braaiplek is beskikbaar. Aandete is ook beskikbaar, maar moet vooraf bespreek word. Die ingang tot die perseel word met 'n afstandbeheer-hek beveilig.
Die Rooiwynkamer het ook sy eie braai-area. 'n Redelike ruim konferensieskamer met ruimte vir 10 afgevaardigdes is beskikbaar. Middagete, koffie en tee kan vir konferensies en vergaderings gereël word.
Nabygeleë besienswaardighede sluit een van die eerste brûe in Suid-Afrika en 'n klein museum by die brug, Kantien Kopje en St Mary's-kerk, die eerste kerk noord van die Vaalrivier, in.
Kenmerke
Geriewe
- ADSL-lyn
- Lughawe-pendeldiens Op Versoek
- Braaiplek
- Gastesitkamer
- Kombuisgeriewe
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Konferensiegeriewe
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Ontbyt
- Aandete Op Versoek
- Etes Op Versoek
Konferensiegeriewe
- Lugversorging
- Internet
- Plek vir tot 10 afgevaardigdes
- Plek vir tot 20 afgevaardigdes
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Onderdakparkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Mastercard
- American Express
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
3.8/5
Telana Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 21
Jaar gelys 12
Ligging
- Fonteinstraat 1, Barkly-Wes, 8375, Noord-Kaap
- Gaste dink One Fountain B&B het ’n goeie ligging
Sien meer verblyf in Barkly-Wes Noord-Kaap
- Kapasiteit: 14 mense
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Fonteinstraat 1, Barkly-Wes, 8375, Noord-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom