One Good Place

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

One Good Place is 'n selfsorgwoonstel wat sentraal geleë is in Muizenberg, Kaapstad. Die woonstel bied slaapplek aan 2 volwassenes en 2 kinders. Dit is net 'n paar minute se stap van Surfers Corner, 'n Checkers en restaurante af.

Dié woonstel is ten volle gemeubileer en beskik oor 2 slaapkamers met 'n koningingrootte-bed en 'n platskerm-TV in die hoofslaapkamer en 'n dubbelslaapbank in die ander kamer. Daar is 1 badkamer met 'n stort-oor-bad. Daar is 'n sitkamer en die kombuis is toegerus met 'n yskas-vrieskas, 'n gasstoof met 'n elektriese oond, 'n wasmasjien, 'n koffiemasjien, breekware en ander gereedskap.

'n Enkelmotorhuis bied veilige parkeerplek en daar is ekstra parkeerplek in die straat. One Good Place is om die hoek van Bluebird Garage Market - 'n kos- en goedere mark Vrydae-aande, die Masque Theatre en Valsbaai se treinstasie.

Die gasheer van One Good Place bestuur ook Patmos Guest House en Four Sandpipers Cottage in die area.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  Aparte Toilet
  •  Stort
  •  Seep
  •  Toiletware

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Verekombers

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Op Die Straat

Vermaak

  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na One Good Place gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R700 per nag (vir 4 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za