One Hilltop

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

One Hilltop in Scarborough bied gehalte-verblyf vir 'n gesin of groep vriende. Dit is naby verskeie winkels, restaurante, die strand, doendinge en besienswaardighede.

Die huis beskik oor 3 slaapkamers en het slaapplek vir 6 gaste. Die hoofslaapkamer op die eerste verdieping het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n instapstort, bad, toilet en 'n dubbelwasbak. Die tweede slaapkamer op die eerste verdieping het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n instapstort, toilet en 'n dubbelwasbak. Die derde slaapkamer op die grondverdieping het ook 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n instapstort, toilet en 'n dubbelwasbak. Al die slaapkamers het waaiers en verwarmers, en alle linne, handdoeke en strandhanddoeke word voorsien.

Al die slaapkamers spog met uitsigte oor die Kaappunt Natuurreservaat en die eerste verdieping se kamers het see-uitsigte.

Die kombuis is met 'n gasstoof, elektriese oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, koffie- en teemaakgeriewe, breekware en eetgerei toegerus. Daar is ook 'n wasmasjien, tuimeldroër en 'n skottelgoedwasser.

Die sitarea het gemaklike rusbanke, 'n groot kaggel en 'n TV met Netflix, en die eetarea het 'n etenstafel met sitplek vir 12 gaste waar hulle maaltye saam kan geniet. Daar is ook gratis WiFi.

Daar is lekker braaigeriewe waarvan gaste gerus gebruik kan maak.

Gaste het toegang tot veilige parkeerplek op die perseel, waarvan 2 nie onderdak is nie en 1 in 'n toesluitmotorhuis is.

Slaapplek

'n Bespreking by One Hilltop sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na One Hilltop gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R3 000 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za