Onrus Villa

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Onrus Villa bied selfsorgverblyf in 'n lieflike villa wat ontwerp is om gerief, pragtige uitsigte en 'n heerlike vakansie-gevoel te bied. Dis naby Blouvlagstrande en restaurante.

Dié huis bied see- en berg-uitsigte en beskik oor 5 en suite-slaapkamers, 'n oopplan-kombuis, 2 sitkamers en 2 eetkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed, 'n en suite-badkamer en 'n balkon. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die vierde slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die vyfde slaapkamer het 'n dubbelbed, 'n TV en 'n en suite-badkamer met 'n stort.

Die oopplan-kombuis is toegerus met 'n oond, mikrogolf, broodrooster, ketel, koffiemasjien, skottelgoedwasser, yskas en basiese skoonmaakmiddels. Die huis het ook 'n beskutte braai en pizza-oond, asook 'n eetarea binne, sekere DStv-kanale, kaggel, boeke, speletjies en toiletware. Verder is daar 'n verhitte swembad, sondekke en balkonne met lieflike uitsigte. Die huis is ideaal vir 'n gesinsvakansie by die see. Daar is ook parkeerplek. Hermanus is sowat 7 km ver en Kaapstad is sowat 120 km ver.

Slaapplek

'n Bespreking by Onrus Villa sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 4 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 5 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Vermaak

  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Onrus Villa gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R8 500 per nag (plek vir 10)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za