Manaba Akkommodasie by Ons Geluk | LekkeSlaap
+42

Ons Geluk

5 resensies
Selfsorg
  • Kapasiteit: 36 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Lilliecrona-boulevard 42A, Uvongo, 4276, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R580 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Ons Geluk Seefront Akkommodasie is selfsorgwoonstelle by die see tussen Margate en Uvongo se strande. Dié kompleks is naby die strand, verskeie winkels en geriewe.

Daar is 6 verskillende eenhede om van te kies.

Eenheid A en B bied elkeen slaapplek aan 8 gaste en beskik oor 3 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die eerste slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer, die tweede en derde kamer het elk 2 driekwartbeddens. Daar is slaapplek vir 2 gaste op 2 slaapbanke in die leefarea. Elke badkamer het 'n stort, wasbak en 'n toilet.

Eenheid C en D bied elkeen slaapplek aan 4 gaste en beskik oor 'n slaapkamer, badkamer en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer. Daar is slaapplek vir 2 gaste op 2 slaapbanke in die leefarea. Die badkamer het 'n stort, wasbak en 'n toilet en is en suite. Eenheid C is nie geskik vir 4 volwassenes nie.

Eenheid E en F bied elkeen slaapplek aan 6 gaste en beskik oor 2 slaapkamers, 'n badkamer, 'n gastetoilet en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die eerste slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer en die tweede slaapkamer het 2 driekwartbeddens. Daar is slaapplek vir 2 gaste op slaapbanke in die leefarea. Die badkamer het 'n stort, toilet en 'n wasbak.

Elke leefarea het 'n oopplan-uitleg en die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, mikrogolfoond, stoof, broodrooster, eetgerei en breekware toegerus. Al die eenhede, behalwe Eenheid C en D, het 'n stoof. Die sitkamers het elkeen 'n gemaklike rusbank en 'n TV met 'n DStv-koppelpunt. Dis nie geskik vir Explora-dekodeerders nie. Die leefareas bied toegang tot balkonne met ingeboude braaigeriewe en see-uitsigte.

Ons Geluk is met palissade omhein en toegang is via 'n elektriese hek wat met 'n afstandbeheer werk.

Die eenhede is sowat 1 km vanaf Lucien-strand in Margate en 1,6 km vanaf Uvongo se strand. Dis ook sowat 4 km vanaf Hibiscus Mall, 7 km vanaf Southcoast Mall en 5 km vanaf Shelly Centre.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Rolstoelvriendelik

Geriewe

  • 24-uur Ontvangs
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Rolstoelvriendelik

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Zoeloe

Parkeerplek

  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

3.8 uit 5van 5 resensies vir Ons Geluk
Netheid
4.2/5
Diens
4.4/5
Ligging
3.8/5
Veiligheid
3.2/5
Waarde vir geld
3.6/5

Ligging

  • Lilliecrona-boulevard 42A, Uvongo, 4276, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink Ons Geluk het ’n goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R580
per nag (plek vir 4)
Vanaf R580
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 36 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Lilliecrona-boulevard 42A, Uvongo, 4276, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAcfxsruX9mo9okLAReQH8rs14bRUJRJcuixrYuKUSSHU6H8iAF3?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R580  per nag (plek vir 4) 5 5 1 4 42A Lilliecrona boulevard Uvongo 4276 KwaZulu-Natal 086 999 0018 14:00-20:00 09:00 -30.849195 30.386989
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za