Hartenbos Akkommodasie by Ons Huisie | LekkeSlaap
+56
+56

Ons Huisie

  • Vanaf R760 per nag (plek vir 6)
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Port Natal 124, Hartenbos, Mosselbaai, 6500, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

Ons Huisie is ideaal geleë langs die Hartenbosrivier en net 600 m van die strand af. Dit is loopafstand van verskeie doendinge in Hartenbos en dit is ideaal vir gesinne van 4 volwassenes en 2 kinders wat op soek is na gemaklike verblyf.

Dit is 'n voorafvervaardigde vakansiehuis wat 'n klein bietjie aangepas is. Dit bestaan uit 2 slaapkamers, kombuis, leefarea en 1 badkamer, en is volledig gemeubileer.

Die hoofslaapkamer en tweede slaapkamer het elkeen 'n dubbelbed, en daar is enkelstapelbedjies in die leefarea vir 2 kinders. Die bedjies is bietjie smaller as gewone enkelbeddens. Die badkamer het 'n stort, wasbak en toilet en die eenheid het 'n oopplan-leefarea. Die kombuis is goed toegerus met 'n yskas, 'n mikrogolfoond, 'n stoof, eetgerei, breekware en ander toebehore waarvan gaste gebruik kan maak.

Gaste moet asseblief eie handdoeke en vaddoeke saambring.

Die sitkamer het netjiese sitplek met 'n TV met 'n DStv-koppelpunt, so jy is meer as welkom om jou dekodeerder, kabels en slimkaart te bring. Die perseel het 'n onderdak-area agter die eenheid met 'n braai-area waarvan gaste gebruik kan maak. Daar is parkeerplek vir 2 motors beskikbaar en daar is 'n roeiski wat gaste op die rivier kan gebruik. Ons Huisie het nie 'n direkte see- of rivier-uitsig nie. Jy moet 'n entjie na die rivier toe stap vanwaar jy ook die see sal kan sien.

Kom kyk hoekom is Mosselbaai 2017 se Dorp van die Jaar.

Slaapplek

’n Bespreking by Ons Huisie sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Dubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Kinderbedjie
Area 1
Plek vir 2 persone
2 xKinderbedjie

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek

Geriewe

  • Braaiplek

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Konferensiegeriewe

  • Televisie

Parkeerplek

  • Agter Elektriese Hek

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.6 uit 5van 38 resensies vir Ons Huisie
Netheid
4.8/5
Diens
4.7/5
Ligging
4.6/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
4.4/5

Ligging

  • Port Natal 124, Hartenbos, Mosselbaai, 6500, Wes-Kaap
  • Gaste dink Ons Huisie het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R760
per nag (plek vir 6)
Vanaf R760
per nag (plek vir 6)
Vanaf R760
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Port Natal 124, Hartenbos, Mosselbaai, 6500, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA0RxXFjw6o6PFdLzvoPDQRxvKPaRH9NdgfgzjowovISVjXhQbp2?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R760  per nag (plek vir 6) 38 5 1 5 124 Port Natal Avenue Hartenbos 6500 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -34.118919350344 22.117029812303
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za