Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Ons Strandhuisie N5

Opsomming van Resensie

3.9 uit 5van 24 resensies vir Ons Strandhuisie N5
Netheid
3.5/5
Diens
4.0/5
Ligging
4.1/5
Veiligheid
4.5/5
Waarde vir geld
3.3/5
Leon B - Des 2023
Algehele gradering
Netheid
2/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Leon B
Gesin met klein kinders

Goedkoop, maar oud en afgeleef.

Dit is waarde vir geld, maar oud en afgeleef. As jy goedkoop soek, is dit die plek. As jy handdoeke en ten minste ordentlike linne wil hê, is dit nie die plek vir jou nie. Die plek het 'n make-over nodig. Geen WiFi of selfs net toiletpapier nie.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Craig C - Sep 2023
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Craig C
Besigheidsreis

For a short business trip we enjoyed our stay.

Clean and neat, well equipped for self-catering, value for money.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Ons Strandhuisie N5 se terugvoer

Thank you so much for the perfect score we really appreciate it. More than welcome back at Ons Strandhuisie N5

Ons Strandhuisie N5
Allen H - Des 2022
Algehele gradering
Netheid
4/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Allen H
Gesin met klein kinders

Rustig, veilig en verfrissend.

Ons kuiertjie by Ons Strandhuisie in Pearly Beach vakansie-oord was so 'n goeie belewenis. Die huisie is goed geleë en die hele area is veilig en skoon. Ons het as gesin lekker gerus en sal beslis weer soontoe wil gaan maar vir nog 'n ekstra dag. Dankie vir jul vriendelikheid en puik diens.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Ons Strandhuisie N5 se terugvoer

Baie dankie vir jou resensie. Ons waardeer dit opreg. Meer as welkom terug.

Ons Strandhuisie N5
Mignon S - Jan 2022
Algehele gradering
Netheid
1/5
Diens
1/5
Ligging
3/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
1/5
Mignon S
Gesin met klein kinders

Ons het besoek afgelê vir 'n langnaweek en was 5 mense in totaal. In my opinie kan die plek 4 mense akkommodeer en nie 6 mense nie.

'n Bed in die braaikamer werk nie, want die vertrek is baie klein en by die badkamer so in die nag kan die persoon nie slaap indien 5 ander mense die badkamer wil besoek nie. Die opslaanbank in die sitkamer is korter as 'n normale bed so net tans beskik vir 'n kleiner kind en 'n kleiner kind kan nie alleen slaap nie. Die oopslaanbank het 'n throw oor, maar geen paslaken nie. Die akkommodasie is beslis nie op standaard vir die prys nie, so glad nie waarde vir geld nie. Die enigeste positiewe ding is dat dit in die oord is en veilig is om kinders in die strate te laat fietsry. Dit is baie duidelik dat die eienaars dit nie self gebruik nie, want hulle sal nie self met die toestande tevrede wees nie en duidelik die plek aanhou vir die inkomste. Ons het die eienaars benader om later te bly, terwyl daar nog geen bespreking was nie en hulle was sleg onderhandelbaar vir een uur ekstra waarna ons moes pro rata esktra betaal. Dit is die eerste keer dat ek hierdie ondervinding met enige bespreking gehad nie en in my opinie baie swak kliëntediens, veral gegewe die feit dat ons eers 15:00 kon inboek en reeds 10:00 moes uitboek so 'n halwe dag verloor. Die skoonmaakkoste van R399 is ook verregaande en word altyd ingesluit by 'n bespreking van dieselfde tarief. Die going rate vir skoonmakers in Pearly Beach is R250 en Ons Huisie is baie klein so ek wonder waar gaan die geld regtig heen? Die kombuistoerusting is nie meer op standaard nie. Die potte is baie lendelam en die handvatsels baie los so gevaarlik wanneer warm kos daarin is. Die stoof se plate is stukkend en die oond binne is vuil en verweer so nie geskik vir gebruik nie. Ek verstaan nie die doel van die los gasplate op die stoof nie en die stoof kan eerder uitgegooi word, want dit vat onnodig plek op. Daar is net een hoofkragpunt onder die TV met verskeie koppelings. Die krag van die stoof is ook daarvan afgelei so 'n potensiële brandgevaar. Die rasper is oor die muur, die plastiese snybord is vuil en ruik sleg en dit kan nie meer skoongemaak word nie so moet vervang word. Daar is nie 'n broodbord en mes nie, so besoekers gebruik die plekmatjies daarvoor wat nou vol snymerke is en vervang moet word. Daar is 'n ou verfdrom in een van die kombuiskaste wat een van die stukkende rakke in plek moet hou, weereens nie aanvaarbaar nie. Daar is net een braaibak en die is te klein om vleis te hou vir 5 mense so 'n groter een word benodig. Die yskas werk nog, maar het begin roes so kan vervang word. Daar is 2 swartsakke en 2 toiletrolle voorsien vir 5 mense wat nie voldoende is vir die tydperk nie. Daar is geen bad- of swemhanddoeke voorsien nie en die beddegoed is begin reeds wolletjies afgee so kan ook vervang word. Die droograk buite die huis is baie geroes en oorgeverf, maar die roes dop weer op en sal klere vlek so 'n nuwe een word benodig of die huidige een moet net verwyder word.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Nicholas H - Nov 2021
Algehele gradering
Netheid
1/5
Diens
3/5
Ligging
3/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
1/5
Nicholas H
Gesin met klein kinders

Veilig en rustig.

Eet- en drinkgeriewe kan opgedateer word en dit was baie vuil in die kaste. Stoof baie oud en vuil. Braaikamer was baie lekker.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Ons Strandhuisie N5 se terugvoer

Baie dankie vir die resensie. Vreeslik jammer indien dit vuil was ons het skoonmaak dienste wat ek dadelik sal opvolg hoekom dit nie skoon was nie.

Ons Strandhuisie N5
Willem M - Jul 2021
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Willem M
Saam met vriende

Baie lekker, ruim en netjies.

Een groot negatiewe aspek en dit is papierdunmatrasse, geen volwasse mens kan op enige van die huis se matrasse 'n goeie nagrus hê nie, dis papierdun. Verder baie netjies. Dalk kan hulle die dak seël, by braaikamer in die winter kom daar 'n verskriklike koue lug in. Anders het ons baie lekker gebly.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Ons Strandhuisie N5 se terugvoer

Matrasse is reeds vervang asook die dak weereens geseel.
Die huis is by die see.. Jy het seker nou al 3 x by Ons Strandhuisie gebly.

Ons Strandhuisie N5
Ashlyn M - Jun 2021
Algehele gradering
Netheid
4/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Ashlyn M
Gesin met tieners

Wegbreek wat ons nodig gehad het. Fantastiese atmosfeer.

Baie lekker tydjie gehad by Ons Standhuisie. Wens ons kon langer bly. Sal beslis Ons Strandhuisie aanbeveel vir 'n lekker wegbreek. Baie rustig en veilig.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Talita R - Apr 2021
Algehele gradering
Netheid
4/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
4/5
Talita R
Saam met vriende

Oulike plek. Lekker braai-area. Net jammer stoof en oond werk nie.

Lekker ligging. Oulik en mooi dekor.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Ons Strandhuisie N5 se terugvoer

Baie Talita vir jou pragtige resensie. Ons waardeer dit opreg. Volgens my kennis werk die stoof en oond. Sal defnitief ondersoek in stel.

Ons Strandhuisie N5
Tom B - Jan 2021
Algehele gradering
Netheid
4/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
2/5
Tom B

Sien sterre.

Sien sterre.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Ons Strandhuisie N5 se terugvoer

Baie dankie vir jou resensie waardeer dit.

Ons Strandhuisie N5
Michael H - Jan 2020
Algehele gradering
Netheid
1/5
Diens
1/5
Ligging
3/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
1/5
Michael H
Gesin met klein kinders

Benodig dringend aandag!

Met die doel om my vrou en kinders bietjie te bederf op kort kennisgewing, het hierdie plek net ons naweek bederf! Die beddegoed en matrasse is oud en verweer. Die plek ruik soos honde asem en die plastiek stoele by die etenstafel ruik na ou sweet! Die ligging en uitleg van die huisie is lieflik, maar daar was lanklaas moeite gedoen met hierdie plek. Dit kort 'n drastiese revamp. Teen die prys is dit beslis nie die moeite werd. Ons het al by ander huisies in die oord 'n veel beter ondervinding gehad teen dieselfde prys. Wag maar vir die revamp voor jy hier bespreek!

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Ons Strandhuisie N5 se terugvoer

Geagte Michael

Baie dankie vir u resensie. Die matrasse waarvan u praat is presies 'n jaar gelede vervang. Die see gee wel 'n reuk aan goed dat indien u reuk sensitief is nie gerieflik sou wees nie. Ek het die eenheid die oggend beset. Die prys is vir die huis en ons het tot dusver geen klagtes gekry daaroor nie. Die linne is deur die eienaar nuut na 'n seisoen gekoop die skoonmaak dienste het net nie die nuwe linne opgesit nie.

Ons vra om verskoning vir enige ongerief.
Vriendelike Groete

Ons Strandhuisie N5
Andries L - Des 2019
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Andries L
Saam met vriende

Sal die verblyf beslis aanbeveel.

Dit is ons tweede keer dat ons daar oorbly en sal beslis weer daar tuisgaan. Die huisie is baie netjies en bly baie lekker. Daar is alles wat mens nodig het en is so naby die see. Die braaikamer is 'n wenner. Die eienaars is baie vriendelik en behulpsaam. Sal die verblyf beslis aanbeveel.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Ons Strandhuisie N5 se terugvoer

Baie dankie vir die pragtige resensie.

Ons Strandhuisie N5
Ohna L - Nov 2019
Algehele gradering
Netheid
3/5
Diens
5/5
Ligging
3/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
2/5
Ohna L
Saam met vriende

Te kort gebly om werklike gevoel te kry.

Regtig moeilik omdat ons net geslaap, opgestaan en vertrek het.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Johan O - Okt 2019
Algehele gradering
Netheid
4/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
5/5
Johan O
Saam met vriende

Baie nice.

Was baie netjies met vriendelike diens!

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Ons Strandhuisie N5 se terugvoer

Baie dankie vir die resensie, ek waardeer dit.

Ons Strandhuisie N5
Antoinette D - Jul 2019
Algehele gradering
Netheid
4/5
Diens
4/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
4/5
Antoinette D
Saam met vriende

Heerlik.

Baie oulik en netjies. Heerlik!

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Ons Strandhuisie N5 se terugvoer

Baie dankie Antoinette ons waardeer jou resensie julle is meer as welkom by Ons Strandhuisie.

Ons Strandhuisie N5
Rache D - Mrt 2019
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Rache D
Gesin met tieners

Stunning, value for money!

Stunning house, will for sure go back. Had everything that we needed and more!

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Ons Strandhuisie N5 se terugvoer

Dear Rache,

Thank you for your lovely review, we do appreciate it very much. You are more than welcome back at Ons Strandhuisie.

Ons Strandhuisie N5
Koos K - Mrt 2019
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Koos K
Gesin met klein kinders

Dit was baie aangenaam.

Heerlike plekkie. Stapafstand van strandgebied. Rustige omgewing.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Sandra M - Feb 2019
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Sandra M
Saam met vriende

It was a marvellous weekend and the people are very friendly.

We did enjoy our stay and would recommend to anyone. Our weekend house was very lovely and clean so thanks for a wonderful weekend.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Ons Strandhuisie N5 se terugvoer

Thank you for this lovely review, we really appreciate it. You are more than welcome back.

Hope to see you soon!

Ons Strandhuisie N5
Carla E - Jan 2019
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Carla E
Gesin met klein kinders

Fantasties.

Ons was onseker oor die plek aangesien daar nie baie goeie resensies was nie, maar dit was uiters aangenaam. Ons is vriendelik ontvang, die plek was besonders skoon en netjies. Die banke is bietjie afgeleef al, maar is toegemaak met throws. Die idee is sekerlik dat jy nie stoei op die banke nie en ordentlik sit daarop dan sal die throws nie afkom nie. Die beste matras en kussings by verre wat ons nog gehad het. Linne was skoon en goed. Ja. Die krag trip as jy te veel goed aansit. Jy kan nie toast maak, ketel kook en stoof aan hê terwyl iemand stort nie, maar dis regtig nie die einde van die wêreld nie. Ons het so lekker gebly, ons wou langer bly. Net een voorstel: Neem toiletpapier en skottelgoedseep saam.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Ons Strandhuisie N5 se terugvoer

Baie dankie Carla vir die pragtige resensie.
Dankie dat julle ons gekies het. Ons sal met graagte julle weer as gaste ontvang.

Ons Strandhuisie N5
Francis P - Jan 2019
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Francis P
Gesin met tieners

Skoon, rustig, vriendelik en baie gemaklik.

Ons is baie vriendelik verwelkom en hulle was baie behulpsaam tot laat. Die huisie het alles wat jy nodig het, skoon en ruim. Sal enige tyd weer daar bly.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Ons Strandhuisie N5 se terugvoer

Baie dankie Francis vir die pragtige resensie ons by Ons Strandhuisie. Waardeer dit opreg.

Ons Strandhuisie N5
Johan R - Nov 2018
Algehele gradering
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Johan R
Gesin met tieners

Dit was wonderlik om in Ons Strandhuisie te kuier.

Dit was 'n fantastiese wegbreek van ons alledaagse gejaag. Met aankoms was ons huis pragtig, skoon en netjies, met alles tot ons beskikking wat ons nodig gekry het. Ons was 3 volwassenes en 3 kinders en oorgenoeg slaapplek vir almal. Die braaikamer het ons seker die meeste benut en geniet. Ons het heerlik geslaap en verfris en met nuwe moed teruggery na ons elke dag lewe. Die huisie is stunning! Ons sal beslis weer daar gaan kuier.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Ons Strandhuisie N5 se terugvoer

Baie dankie vir u pragtige resensie, ons waardeer dit opreg.

Ons Strandhuisie N5
Merinda G - Jan 2018
Algehele gradering
Netheid
3/5
Diens
2/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
1/5
Merinda G
Saam met vriende

Hoofkragtoevoer: groot probleem.

Ons het vorige gaste se reviews gelees en vertrou dat genoemde klagtes opgelos sou word. Sien review 18 Des 17. Groot was ons teleurstelling toe ons met aankoms meegedeel is dat die stoof en ketel nie tegelyktydig gebruik kan word nie aangesien dit die krag afskop. Dit blyk toe dat daar die hoofkrag toevoer nie voldoende is nie en dat gewone huishoudelike kragkabels uit die hoof kragbord aangelê is. Ons kon slegs die kleinste plaatjie op die stoof gebruik vir ketel kookwater en kos, geen oond nie en dit vir 'n eenheid wat vir 6 mense voorsiening maak, totaal onaanvaarbaar. Banke se kussings is stukkend en binnegoed peul uit en is net met "throws" weggesteek. Lopende toilet probleem moes ons as vrouens self oplos aangesien dit ons sou wakker hou omdat die kamer afskortings van houtpanele gemaak is. Die dubbelbed se een plank op die bedbasis is stukkend en was reg gemaak met draad en toegegooi met 'n kussingsloop. Geen matras beskermers op enige van die matrasse nie. Teen R1600 per nag was dit vir seker nie waarde vir geld of 'n aangename verblyf nie. Dit is duidelik dat die genoemde probleme al 'n geruime tyd 'n probleem is wat nie opgelos word nie. Bv. die kragprobleem kon vergemaklik word deur om die stoof te vervang met 'n gasstoof.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Ons Strandhuisie N5 se terugvoer

Baie dankie vir die resensie dit word opreg waardeer. Die vorige resensie was alles in die seisoen en die kontakteur mag nie in die oord werk gedurende seisoen tyd nie. Alles is reeds aandag gegee.

Ons Strandhuisie N5
Jaco J - Jan 2018
Algehele gradering
Netheid
1/5
Diens
1/5
Ligging
1/5
Veiligheid
3/5
Waarde vir geld
1/5
Jaco J
Gesin met klein kinders

Die woning voldoen glad nie aan enige vereistes nie en is nie soos geadverteer nie.

Die huis se linne en beddens was uiters swak. Die hoofslaapkamer se bed en kopstuk is stukkend. Geen klerekaste maak 10 dae se verblyf ongerieflik! Die banke en kussings is oral geskeur. Geen hoofligte in slaapkamers. Geen braaiskottel of genoegsame eetgerei. Die stoof en ketel trip die krag konstant en ons het geen hulp vanaf die eienaar af gekry na vele boodskappe nie.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Ons Strandhuisie N5 se terugvoer

Baie dankie vir u resensie, ons waardeer elke terugvoer opreg. Die linne is nie percale nie, die kopstuk is nou nie stukkend nie dit is 2 dele en dit is van palette gemaak, maar ons het dit vas aanmekaar gesit vir die gerief van die gaste. Die een plank van die bed was stukkend, dit is vervang. Daar was nie 'n bulb in die slaapkamer nie, dit is in gesit. Ons het ook 'n nuwe Braai skottel is ingesit. Die ketel was stukkend, toe ek dit terug neem het daar 7 ander gestaan. Ons het reeds aandag aan u terugvoer gegee asook nog veranderings sal aangebring word.

Vriendelike groete

Annelene, besprekings bestuurder

Ons Strandhuisie N5
Christien G - Des 2017
Algehele gradering
Netheid
1/5
Diens
1/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
1/5
Christien G
Gesin met tieners

Sal nie aan beveel nie.

Blyplek self voldoen nie aan standaarde nie. Yskas het nie gewerk nie, is toe herstel. Stoof is foutief, bly die krag uit skop. Beddens en linne swak. Gordyne word plek-plek met wasgoedpennetjies vasgehou. Kamer het nie gloeilamp in die dak gehad nie. Uiters onvriendelike ontvangs gehad.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Ons Strandhuisie N5 se terugvoer

Baie dankie vir die resensie, alle terug voering word opreg waardeer. Ek het die persoon wat verantwoordelik is vir die skoonmaak gevra en sy het my meegedeel dat die huis heeltemal skoon was. Ons vra om verskoning indien u nie vriendelik ontvang is nie. Soos u gemeld het is die yskas herstel, u kon gerus die ander probleme noem waarna ons ondersoek sou instel en dit so gou as moontlik oplos.

Ons Strandhuisie N5
Jacques V - Apr 2017
Algehele gradering
Netheid
2/5
Diens
3/5
Ligging
2/5
Veiligheid
1/5
Waarde vir geld
2/5
Jacques V
Gesin met tieners

Nie wat ons verwag het nie.

Verblyf was nie op standaard nie. Benodig aandag.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie

Ons Strandhuisie N5 se terugvoer

Baie dankie Susan vir jou resensie ons waardeer elke terugvoer. Die netheid van die eenheid het u onder ons aandag gebring en die persoon wat daarvoor verantwoordelik is in kennis gestel. Pearly Beach is waar u bespreek het. Die eenheid is in 'n oord geleë en het 'n 24-uur sekuriteits diens.

Groete
Annelene

Ons Strandhuisie N5
Vanaf
R950
per nag (plek vir 6)
Vanaf
Vanaf R950
per nag (plek vir 6)
Vanaf
R950
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Nautilus N5, Pearly Beach Resort, Pearly Beach, 7221, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAcdd19dcd184976ef388ac0bbdfcc17ac82f8e76289482e4eef34e464f4679c9ab60e3a11ceb181998574fa36231cab4c1749?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R950 per nag (plek vir 6) 24 5 1 4 Nautilus N5 Pearly Beach Resort 7221 Wes-Kaap 021 201 8901 15:00-19:00 10:00 -34.668448440577 19.519595431993