Reebok Akkommodasie by Ons wag 22 | LekkeSlaap
+17
+17

Ons wag 22

Selfsorg
  • Vanaf R950 per nag (plek vir 4)
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Wag 'n Bietjie-singel 22, Reebok, 6503, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

Ons wag 22 bied gerieflike selfsorgverblyf vir 4 gaste in Reebok.

Die woonstel is bo die hoofhuis, het 'n privaat ingang en 2 slaapkamers met plafonwaaiers. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die kamers deel 'n badkamer wat 'n bad en stort het. Linne en haardroërs word voorsien. Gaste moet asb. hul eie handdoeke saambring.

Die oopplan-kombuis is met 'n tweeplaatstofie, 'n oond, mikrogolf, yskas, ketel, rooster, eet en kookgerei toegerus en daar is 'n etenstafel.

Die sitarea het 'n TV met DStve en bied toegang tot 'n stoep met 'n uitsig oor die area en op die berge.

Weber-braaigeriewe en veilige parkeerplek vir 1 voertuig word voorsien. Die eienaar woon op die perseel en ongelukkig word troeteldiere nie toegelaat nie.

Die woonstel is 1,5 km vanaf Reebokstrand wat ideaal is vir gaste wat wil swem of op die strand wandel. Klein Brak se strand en strandmeer is net 4 km ver, Mosselbaai is 18 km ver en George is 30 km ver.

Slaapplek

’n Bespreking by Ons wag 22 sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant

Ligging

  • Wag 'n Bietjie-singel 22, Reebok, 6503, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R950
per nag (plek vir 4)
Vanaf R950
per nag (plek vir 4)
Vanaf R950
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Wag 'n Bietjie-singel 22, Reebok, 6503, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA74805c4759958f5638e494185cd9502ce5974915e85e7d3e50a9662e3160cf8ac69b83c0e4a4c0e537d5687b092d8f835b3c?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R950  per nag (plek vir 4) 22 Wag 'n Bietjie Crescent Reebok 6503 Wes-Kaap 086 999 0018 15:00-17:00 10:00 -34.069902144836 22.174709585749
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za