Onze Rus
- Kapasiteit: 6 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Naude-straat 56, Franskraal, 7220, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R2 300 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
Onze Rus is ’n selfsorg-eenheid met slaapplek vir 6 gaste in Franskraal, net 190 m van die rotsstrand af.
Dié dubbelverdiepinghuis het 3 slaapkamers en 1 badkamer met 'n stort, wasbak en toilet. Die eerste en tweede slaapkamer op die onderste verdieping het elk ’n koningingrootte-bed en die derde slaapkamer op die boonste verdieping het 2 enkelbeddens.
Die kombuis is met ’n yskas, vrieskas, oond, stoof, mikrogolfoond, eetgerei en breekware toegerus. Daar is 'n TV en 'n kaggel in die sitkamer en die huis het 'n eetarea. Gaste mag nie in die kaggel braai nie.
Die leefarea op die boonste verdieping lei na ’n balkon met ’n ingeboude braai. Die huis het verder ’n DVD-speler, haardroër, en WiFi. Veilige parkeerplek is beskikbaar vir 2 voertuie.
Doendinge sluit swem, visvang, skubaduik, stap- en 4x4-roetes en haaihokduik in.
Rook is verbode binnenshuis. Stompies moet asb. in 'n drom gegooi word en nie buite rondgestrooi word nie. Braai in die kaggel word nie toegelaat nie.
Ongelukkig word troeteldiere nie toegelaat nie. Gaste moet asb. hul eie braairooster en strandhanddoeke saambring.
Slaapplek
’n Bespreking by Onze Rus sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- Lughawe-pendeldiens Op Versoek
- Kinderoppasser Op Versoek
- Braaiplek
- Speletjieskamer
- Gastesitkamer
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Piekniekmandjies Op Versoek
- Etes Op Versoek
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Aparte toilet
- Stort
- Seep
Eenheidgeriewe
- Waaier
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Opsomming van Resensie
Ligging
- Naude-straat 56, Franskraal, 7220, Wes-Kaap
- Gaste dink Onze Rus het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Franskraal Gansbaai Overberg Wes-Kaap
- Kapasiteit: 6 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Naude-straat 56, Franskraal, 7220, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom