Onze Rust Guest House

Voeg by Gunstelinge

 

Spesiale Aanbod 25 % af

Kry 25% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 1 Okt 2019 tot 31 Okt 2019.

Beskrywing

Onze Rust is in die hartjie van die Kaapse Wynlande geleë. Hierdie pragtige plaas het 2 gerestoureerde huise en bied die perfekte plek om te ontspan en net weer jou batterye te herlaai. Die tuin is 2 hektaar groot en die damme en bome lok 'n verskeidenheid voëls, wat dit natuurlik 'n natuurliefhebber se paradys maak.

Uile en valke broei hier op die perseel en visarende besoek gereeld. Daar is ook talle kleiner voëlsoorte, eekhorings en muishonde. Wanner jy die perseel betree, ry jy verby die ou skuur, beeste wat wei en die konferensiesaal. Aan die onderkant is onderdakparkeerplek vir die gastehuise.

Elkeen van ons kamers het 'n privaat ingang, satelliet-TV, 'n yskassie, 'n haardroër, 'n elektroniese kluis, ekstra lang enkelbeddens of 'n koninggrootte-bed en koffie- en teemaakgeriewe. Elke kamer beskik ook oor 'n en suite-badkamer met 'n bad en/of stort.

Weens die onlangse droogte in die Wes-Kaap word gaste slegs toegelaat om te stort, buiten die 2 kamers wat 'n stort-oor-bad het. 'n Komplimentêre ontbyt is by die tarief ingesluit.

Ons het ook 'n funksie-venue met gratis parkeerplek vir 100 tot 120 gaste. Ons kan alle tipes geleenthede hou by die venue, van troues tot konferensies, 'n 21ste verjaarsdagpartytjie of 'n jaareindfunksie. Ons spyskaarte is aanpasbaar.

Ons is gerieflik geleë, net 8 minute se ry van Stellenbosch af en 3 minute vanaf die wêreldbekende Spier-wynlandgoed, Saxonburg, Cattle Baron Restaurant en Skilpadvlei. Ons is ook net 25 km se ry van Kaapstad Internasionale Lughawe en die strande af. Kaapstad se middestad is 40 km van hier af vir daguitstappies.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Diners-kaart
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Kroeg
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensiegeriewe

  •  Wegbreekkamers
  •  Dataprojektor
  •  Blaaibord
  •  Sekretariële Geriewe
  •  Internet
  •  Televisie
  •  Plek vir 50 of meer afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Onze Rust Guest House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 100 R825 per nag (vir 2 mense)

Kry 25% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 1 Okt 2019 tot 31 Okt 2019.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za