Oom Benna's Self-Catering
- Kapasiteit: 12 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Rietkolk Plaas, Brandvlei, 8915, Noord-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R3 636 per nag, vir 12 mense
Beskrywing
Oom Benna's Self-Catering bied akkommodasie op 'n werkende skaapplaas. Hier kan jy bly in 'n plaashuis wat toegerus is vir selfsorg of by 'n kampterrein wat ideaal is vir groepe en reisigers op soek na 'n oornagplek op pad na Namibië of die Kgalagadi Oorgrenspark.
Die plaashuis bied slaapplek vir tot 12 gaste in 3 slaapkamers waarvan 2 en suite-badkamers het met 'n stort. Daar is ook 'n derde badkamer. Die sitarea het addisionele slaapplek op 'n stapelbed en 'n enkelbed. Daar is ook 'n stapelbed in een van die slaapkamers. Die kombuisie is toegerus met 'n gas-yskas en 'n gasstoof. Verder is daar 'n gas-geiser en sonkrag-ligte. Beddegoed en handdoeke word voorsien en gaste geniet toegang tot 'n swembad en braaigeriewe.
Oom Benna's Self-Catering is minder as 1 km vanaf die R27 tussen Kenhardt en Brandvlei en dis 600 km van Kaapstad af. Die ligging sorg vir vars lug, die ideale toestande vir sterrekyk en goeie geleenthede vir voëlkyk. Die klein dorpie, Brandvlei, is in die Karoo van die Noord-Kaap in 'n streek wat as die Boesmanland of die Dorsland bekend staan. Brandvlei is 15 km van Oom Benna's Self-Catering af. Die streek het 'n sonderlinge skoonheid ? weinige plantegroei, hier en daar 'n bossie en geel gras, en die klipperige woestynlandskap as agtergrond.
Slaapplek
’n Bespreking by Oom Benna's Self-Catering sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Selfsorg
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
Aktiwiteite Naby
- Voëlkyk
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
Eenheidgeriewe
- Klein kombuis
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Stoof
Opsomming van Resensie
Ligging
- Rietkolk Plaas, Brandvlei, 8915, Noord-Kaap
- Gaste dink Oom Benna's Self-Catering het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Kalahari Noord-Kaap
- Kapasiteit: 12 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Rietkolk Plaas, Brandvlei, 8915, Noord-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom