Oori River Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Oori River Lodge is 'n gastehuis wat 'n B&B- en selfsorg-eenheid bied. Dit is geleë op die oewer van die Krokodilrivier in Broederstroom. Dis perfek vir gaste wat op soek is na gerieflike verblyf naby 'n verskeidenheid doendinge.

Verblyf by Oori River Lodge bestaan uit 1 kothuis en 3 dubbelkamers, al die bogenoemde is smaakvol versier en volledig gemeubileer. Die dubbelkamers het of 2 enkelbeddens of 'n koningingrootte-bed in elk, met 'n en suite-badkamer en 'n privaat patio. Die kothuis het 1 slaapkamer met 'n koningingrootte-bed en dit sluit 'n leefarea en goed toegeruste kombuis in. Daar is braaigeriewe waarvan gaste gebruik kan maak.

Die perseel is ten volle omhein en geleë in die hartjie van die Oori Natuurreservaat. Luilekker wandelinge kan onderneem word in die groot tuine, in die bosveld of selfs in die reservaat. 'n Wye verskeidenheid voëls en verskillende wildspesies kan hier gewaar word. Dit sluit in: koedoes, impalas, blesbokke, wildebeeste, sebras en ander klein soogdiere en reptiele.

Oori River Lodge is 'n halfuur se ry vanaf die besige Monte Casino, Fourways, Hartbeespoort en die UNESCO Wêrelderfenisgebied. Lanseria Lughawe is slegs 15 minute se ry ver.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Oori River Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R900 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za