Oorkant Loftus @ Kirkness Street

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Oorkant Loftus @ Kirkness Street bied selfsorgverblyf in 'n deel van Sunnyside in Pretoria-Oos, reg oorkant die welbekende Loftus Versfeld Sportstadion.

Akkommodasie word aangebied in selfsorg-eenhede wat gerieflik ingerig en gemeubileer is, elk met 'n privaat ingang en braaigeriewe. Die eenhede beskik elk oor 'n mikrogolf, 'n yskas, 'n waaier, 'n verwarmer, 'n radio en 'n TV met M-Net. 'n Ligte ontbyt word bedien en gaste kan ander maaltye in die volledig toegeruste kombuis voorberei. Linne en badhanddoeke word voorsien. Daar is WiFi-toegang in al die kamers beskikbaar.

'n Wasgoeddiens is op versoek beskikbaar. Daar is 'n kluis op die perseel vir waardevolle items.

Die akkomodasie bied maklike toegang tot groot winkelsentrums en is gerieflik naby aan die Pretoria Ooginstituut, Muelmed Hospitaal, Medicllinic Harthospitaal en Medforum Mediclinic. Verder is dit stapafstand vanaf talle uitstekende restaurante.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Oorkant Loftus @ Kirkness Street gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R750 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za