Zastron Akkommodasie by Be My Guest, Self-Catering Unit | LekkeSlaap
+12

Be My Guest, Self-Catering Unit

  • Vanaf R700 per nag (vir 3 persone)
  • Kapasiteit: 3 persone
  • Inkloktyd: 12:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Van Riebeeckstraat 2, Zastron, 9950, Vrystaat
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

Be My Guest is 'n hartlike, knus selfsorgwoonstel in Zastron in die Vrystaat, met 'n privaat tuintjie waarin kinders en troeteldiere kan baljaar. Zastron is bekend vir "Die Oog", die beroemde gat in die berg en die dorpie spog met die mooiste uitsig op die Lesotho-berge.

Die woonstel het slaapplek vir 1 tot 3 gaste en het 'n oopplan-uitleg en 2 slaapkamers. Daar is 'n dubbelbed met heerlike warm komberse. 'n Enkelbed is beskikbaar vir 'n derde gas. Ekstra komberse en 'n paneelverwarmer word ook voorsien vir die kouer aande. Die badkamer het 'n stort. Hangers en 'n strykyster vir jou klere word voorsien. Die woonstel het ook 'n TV met sekere DStv-kanale.

Die kombuisie is goed toegerus met 'n mikrogolf, yskas, tweeplaatstoof en 'n ketel. Breekware, eetgerei, potte en panne word voorsien. Wanneer gaste by die eenheid aankom word koffie, tee, suiker en melkpoeier voorsien. Die eenheid het 'n ontbyttoonbank en 2 stoele. Daar is 'n buitebraai, privaat wasgoedlyn en 'n privaat tuin. Gehoorsame troeteldiere is welkom. Ekstra ligte is beskikbaar gedurende beurtkrag.

Slaapplek

’n Bespreking by Be My Guest, Self-Catering Unit sluit in:

Enkelbed / Driekwartbed Dubbelbed
Slaapkamer
Plek vir 3 persone
1 xEnkelbed / Driekwartbed
1 xDubbelbed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Troeteldiere indien gereël
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Bergfietsroetes
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Etes Op Versoek

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.1 uit 5van 17 resensies vir Be My Guest, Self-Catering Unit
Netheid
4.4/5
Diens
3.8/5
Ligging
4.2/5
Veiligheid
4.1/5
Waarde vir geld
3.9/5

Ligging

  • Van Riebeeckstraat 2, Zastron, 9950, Vrystaat
  • Gaste dink Be My Guest, Self-Catering Unit het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R700
per nag (vir 3 persone)

Sien meer verblyf in

Zastron Vrystaat
Vanaf R700
per nag (vir 3 persone)
Vanaf R700
per nag (vir 3 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 3 persone
  • Inkloktyd: 12:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Van Riebeeckstraat 2, Zastron, 9950, Vrystaat
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDI0ODYzMDYwLWU2NWYtNGMwOC05NzdhLTE4NTYxMjQzNTg3Mw?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R700  per nag (vir 3 persone) 17 5 1 5 2 van Riebeeck street Zastron 9950 Vrystaat 086 999 0018 12:00-21:00 10:00 -30.293126 27.077761
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za