Oornagoppiplaas

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Oornagoppiplaas is 'n gerieflike gemeubileerde selfsorghuis met slaapplek vir 11 gaste op 'n plaas nét 15 km van Standerton af.

Die huis het 3 slaapkamers met dubbelbeddens. Die kamers deel die gebruik van 2 badkamers. Die eerste badkamer het 'n bad en die ander 'n stort. Die toegeboude stoep het 'n enkelbed, 2 stapelbeddens, en 2 rusbanke. Beddegoed, handdoeke, sagte komberse en warmwaterbottels word voorsien.

Die kombuis is toegerus met 'n stoof, oond, mikrogolfoond, yskas, gratis tee en koffie. Maaltye kan by die etenstafel geniet word. Die leefarea het 'n kaggel, en gaste moet hulle eie hout saambring. Let asseblief daarop dat die huis nie 'n TV het nie en daar is 3 trappies.

Daar is braaigeriewe buite, asook onderdakparkeerplek. Ongelukkig word troeteldiere nie toegelaat nie aangesien die eienaar waghonde het. Die plaas het toesluithekke en 'n elektriese heining.

Slaapplek

'n Bespreking by Oornagoppiplaas sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Stapelbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Area 1 - Huisves 5 persone
1 x Enkelbed / Driekwartbed
2 x Stapelbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes

Badkamer

  •  Bad
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Malaria-vrye streek
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans

Kamergeriewe

  •  Verekombers

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Oornagoppiplaas gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 500 per nag (vir 11 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]