Op die See

Voeg by Gunstelinge

 

Naweekaanbod 33 % af

Bly 3 nagte en betaal slegs vir 2 vir verblyf tussen Vrydag en Sondag. Geldig vanaf 11 Nov 2019 tot 20 Mrt 2020.

Beskrywing

Op die See is 'n seefront-vakansiehuis vir 6 mense in Gouritz.

Dié huis het 3 slaapkamers wat 2 badkamers deel. Die een badkamer het 'n stort en die ander een het 'n bad. Twee van die kamers het elk 'n dubbelbed en die derde kamer het 2 enkelbeddens. Kussings en donskomberse word voorsien. Gaste moet asb. hul eie handdoeke, lakens en kussingslope saambring.

Die oopplan-kombuis is met 'n yskas, stoof, oond, mikrogolf en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Die sitkamer het 'n platskerm-TV en daar is 'n DStv-koppelpunt sodat gaste hul eie DStv-dekodeerder en -slimkaart kan saambring (nie PVR nie). Gaste kan ook 'n dekodeerder teen 'n ekstra koste per dag huur.

Die leefarea lei na 'n stoep met 'n dak en 'n 180° see-uitsig. Daar is aparte beskutte braaigeriewe en 'n kuierarea vir gaste. Hout of houtskool kan teen 'n ekstra tarief voorsien word. Ongelukkig word troeteldiere nie toegelaat nie.

Op die See is net 50 km vanaf Mosselbaai en 90 km van George se lughawe af. Die area bied verskeie doendinge en besienswaardighede. Gouritsmond is deel van die Tuinroete en is naby Reins Kus Natuurreservaat. Gourits het ook 'n Blouvlagstrand.

Slaapplek

'n Bespreking by Op die See sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensiegeriewe

  •  Televisie

Parkeerplek

  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Op Die See gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 050 R700 per nag (plek vir 6)

Bly 3 nagte en betaal slegs vir 2 vir verblyf tussen Vrydag en Sondag. Geldig vanaf 11 Nov 2019 tot 20 Mrt 2020.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za