Op die Strand

Voeg by Gunstelinge

 

Spesiale Aanbod 25 % af

Kry 25% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 14 Okt 2019 tot 1 Des 2019.

Beskrywing

Op die Strand is 'n selfsorgwoonstel met 'n 180° see-uitsig teen die strand in Umdloti en bied verblyf aan 6 gaste.

Die woonstel beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers. 2 slaapkamers het elk 'n dubbelbed en die derde slaapkamer het 'n dubbelbed en 2 enkelbeddens vir kinders. Die slaapkamers deel 2 badkamers met baddens en storte, en gaste moet eie strandhanddoeke bring.

Die oopplan-kombuis is met 'n stoof, oond, mikrogolf, asook koffie- en teemaakgeriewe. Daar is ook 'n skottelgoedwasser, wasmasjien en tuimeldroër.

Gaste kan maaltye by die etenstafel geniet en daar is ook 'n sitkamer met 'n TV.

Die leefarea lei na 'n onderdak balkon met 'n gasbraai en bied 'n see-uitsig. Let asb. rook is verbode in die eenheid en troeteldiere word ongelukkig nie toegelaat nie.

Op die Strand is 500 m vanaf verskeie restaurante en wegneem-eetplekke en 5 km vanaf die Sibaya Casino and Entertainment Kingdom. Umdloti bied verskeie doendinge soos voëlkyk by die Mount Moreland Swallows, mikrovlugte, gholf, branderplankry, seilplankry, jetski, visvang, dolfyn- en walviskyk en swem.

Slaapplek

'n Bespreking by Op die Strand sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 volwassenes en 2 kinders
1 x Dubbelbed
2 x Kinderbank vir 1

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek

Vermaak

  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Op Die Strand gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 200 R1 650 per nag (plek vir 6)

Kry 25% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 14 Okt 2019 tot 1 Des 2019.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za