Gouritsmond Akkommodasie by Oppi C | LekkeSlaap
+29
+29

Oppi C

2 resensies
Selfsorg
  • Vanaf R760 per nag (vir 2 persone)
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 12:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 15:00
  • Adres: Sandkopsingel 18, Gouritzmond, 6696, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

Oppi C is ’n ruim selfsorghouthuis in Gouritzmond wat slaapplek aan 6 gaste bied.

Die huis is omring deur fynbos en het 3 slaapkamers en 2 vol badkamers. Twee van die kamers het elk ’n dubbelbed en die derde kamer het 2 enkelbeddens. Die badkamers beskik oor baddens en storte.

Die huis het 'n ruim sit- en eetarea met 'n groot binnebraai waar gaste lekker kan kuier ongeag die weer. Die oopplan-kombuis is met ’n stoof, oond, mikrogolfoond, yskas-vrieskas en skottelgoedwasser toegerus. Die leefarea lei na 'n groot houtdek met 'n onbelemmerde see-uitsig. 'n Draagbare braai is beskikbaar.

Daar is parkeerplek in 'n motorhuis vir 2 voertuie en buite oopparkeerplek vir 4 voertuie. Daar is 'n wasmasjien op die perseel.

Let asb. op dat die eenheid nie ’n TV het nie. Gaste moet asb. hulle eie swemhanddoeke saambring. Ongelukkig word troeteldiere nie toegelaat nie en rook is verbode in die huis.

Oppi C is stapafstand na die strand en 1 km van die getypoel af vir gesinne met klein kindertjies. Die dorp het 2 supermarkte, 'n restaurant, koffiewinkel en doen dinge in die area sluit fietsry, voetslaan, stap, dolfyn-, walvis- en voëlkyk in, asook visvang.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.6 uit 5van 2 resensies vir Oppi C
Netheid
4.5/5
Diens
4.5/5
Ligging
4.5/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
4.5/5

Ligging

  • Sandkopsingel 18, Gouritzmond, 6696, Wes-Kaap
  • Gaste dink Oppi C het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R760
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R760
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R760
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 12:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 15:00
  • Adres: Sandkopsingel 18, Gouritzmond, 6696, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAgig5OUumOk2bhGGqOjEnaRBYV6BxZrhvIM5V9hxPLFpcm25Yj7?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R760  per nag (vir 2 persone) 2 5 1 5 18 Sandkopsingel Gouritzmond 6696 Wes-Kaap 086 999 0018 12:00-19:00 15:00 -34.346787 21.879838
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za