Oppi Lagoon

Voeg by Gunstelinge

 

Spesiale Aanbod 15 % af

Kry 15% af. Geldig vanaf 1 Mei 2019 tot 31 Jul 2019.

Beskrywing

Oppi Lagoon is in die Southern Cross-woonbuurt in Groot-Brakrivier en is net 800 m van die strand by die Groot-Brakriviermond af.

Die huis het slaapplek vir 8 gaste en beskik oor 3 slaapkamers, 2 badkamer en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die eerste en tweede slaapkamers het elkeen 'n dubbelbed. Die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens en 'n stapelbed. Die slaapkamer op die boonste verdieping het 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en 'n toilet. Die slaapkamer lei na 'n groot balkon. Die tweede badkamer het 'n bad, wasbak en 'n toilet. Daar is ook 'n groot aparte stort.

Die kombuis is vir selfsorg toegerus en het 'n gasstoof, oond, yskas, mikrogolfoond, eetgerei en breekware. Die ruim leefarea het 'n gemaklike sitkamerstel.

Die leefarea lei na 'n lieflike patio-area met braaigeriewe. Die patio bied 'n uitsig oor 'n groot gemeenskaplike grasperk en die strandmeer in die verte. Daar is ook 'n buitetoilet en motorhuis.

Die winkelsentrum met 'n Spar, Wimpy, slaghuis en die gewilde De Dekke-restaurant is net 600 m van die huis af.

Slaapplek

'n Bespreking by Oppi Lagoon sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 3 - Huisves 4 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Dubbelstapelbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Fietsry
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Aparte Toilet
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Eetkamer
  •  Waaier
  •  Klein Kombuis
  •  Sitkamer

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Oppi Lagoon gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 200 R1 020 per nag (plek vir 7)

Kry 15% af. Geldig vanaf 1 Mei 2019 tot 31 Jul 2019.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za