Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Oppi See

  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 12:00 tot 14:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Carina-weg 21, Suiderkruis, Groot-Brakrivier, 6525, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R980 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Oppi See is 'n lieflike tweeslaapkamer-eenheid in Groot-Brakrivier wat gerieflik gemeubileer is vir 'n gesin van 4. Hier word jy saans aan die slaap gesus deur die see, en vroegoggend baljaar die dolfyne tussen die branders. Jy kan hulle maklik dophou van die balkon af. Augustus tot September kan daar ook Walvisse gesien word reg voor die huis.

Grootbrak se riviermond is 'n gewilde visvang- en swemplek, veral vir die jongklomp. Die eenheid is op die boonste verdieping geleë. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Daar is 'n enkelbed in die woonkamer, indien daar 'n ekstra gas is. Die slaapkamers deel 'n badkamer met 'n stort.

Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg met 'n stoof en mikrogolfoond. Gaste kan maaltye aan die etenstafel geniet, of buite op die balkon. Die lapa en braai is gesellig en hier kan na hartelus gekuier word. Die leefarea het 'n TV en DStv. Die sitkamer lei na 'n groot balkon met ongelooflike see-uitsig. Daar is trappe en 'n balkon, so klein kinders se veiligheid moet in ag geneem word.

Oppi See is net 150 m van die see af. Die swemstrand het in seisoentye lewensredders aan diens. Die Spar met Tops drankwinkel en die gewilde kuierplek De Dekke, Wimpy en ander geriewe is sowat 2 km hiervandaan. Daar is verskeie besienswaardighede en doendinge in die omgewing soos visvang (vanaf die strand of diepseehengel vanaf Mosselbaai), staproetes in die berge, seilplankry in Wildernis, Die Kangogrotte in Oudtshoorn, Aarbeiplaas net voor George en meer.

Grootbrakrivier is sentraal geleë tussen Mosselbaai se hawe, Hartenbos met die ATKV en sy aktiwiteite, en George. Kom skop jou skoene uit en wandel op die pragtige, stil strand!

Ongelukkig laat ons geen troeteldiere toe nie.

Slaapplek

’n Bespreking by Oppi See sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • 24-uur Ontvangs
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Baarshengel
  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • Bad
  • Stort
  • Seep

Eenheidgeriewe

  • Eetkamer
  • Waaier
  • Klein kombuis
  • Sitkamer

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Haardroër
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Eksklusiewe dstv
  • Tv

Opsomming van Resensie

5 uit 5van 51 resensies vir Oppi See
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
4.9/5

Jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Elsabe Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 51

Jaar gelys 7

Ligging

  • Carina-weg 21, Suiderkruis, Groot-Brakrivier, 6525, Wes-Kaap
  • Gaste dink Oppi See het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R980
per nag (plek vir 4)
Vanaf
Vanaf R980
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 12:00 tot 14:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Carina-weg 21, Suiderkruis, Groot-Brakrivier, 6525, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAABGJcqBGgVFtHC7djIhtopvu6fVQ2niknxZzxpKAOEz31tUT9Yr?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R980 per nag (plek vir 4) 51 5 1 5 21 Carina Road Southern Cross 6525 Wes-Kaap 021 201 8901 12:00-14:00 10:00 -34.057694780086 22.227177775463
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem