Willard's Beach Akkommodasie by Oppie Koppie | LekkeSlaap
+27

Oppie Koppie

1 resensie
Selfsorg
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Elandstraat 24, Ballito, 4420, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R5 500 per nag (plek vir 10)

Beskrywing

Oppie Koppie is 'n ruim, selfsorghuis vir 10 gaste in Ballito.

Dié tripelverdiepinghuis het 5 slaapkamers waarvan 2 op die eerste verdieping en die ander 3 op die onderste verdieping is. Die hoofslaapkamer op die eerste verdieping het 'n ekstra lang koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad en 'n stort. Die tweede slaapkamer het 'n ekstra lang koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Albei kamers het 'n balkon met 'n onbelemmerde uitsig van die see.

Die grondvloerkamers lei na 'n dek met 'n uitsig van die see. Die derde slaapkamer het 'n ekstra lang koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die vierde slaapkamer het ook 'n ekstra lang koningingrootte-bed met 'n aparte badkamer aan die anderkant van die gang. Die laaste kamer het 2 ekstra lang driekwartbeddens en die badkamer langsaan het 'n bad. Daar is beddegoed en handdoeke vir elke kamer.

Die groot oopplan-kombuis is toegerus met 'n stoof, oond, mikrogolfoond, yskas en tee- en koffiemaakgeriewe. Daar is ook 'n etenstafel vanwaar gaste die see kan sien.

Die leefarea het 'n TV en lei na 'n beskutte stoep met 'n gasbraai en 'n houtskoolbraai. Parkeerplek is beskikbaar en klein troeteldiere is welkom indien vooraf gereël.

Ballito bied ongerepte strande en warm water vir branderplankry, lyfplankry, swem, duik en visvang. In seisoentyd kan gaste ook walvis- en dolfynkyk. Ander doendinge sluit van zipline toere, helikoptertoere en mikrovlugte in. Dié dorp bied ook besienswaardighede soos die King Shaka Erfenisroete, die Flag Animal Farm, Ballito Boardwalk, Crocodile Creek, die Ballito leefstylsentrum en verskeie ander restaurante en winkelsentrums.

Slaapplek

’n Bespreking by Oppie Koppie sluit in:

Koninggrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoninggrootte-bed
Koningingrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Koningingrootte-bed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Koningingrootte-bed
Slaapkamer 4
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Koningingrootte-bed
Slaapkamer 5
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Nederlands

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging
  • Kantoorgeriewe

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek

Opsomming van Resensie

4.2 uit 5van 1 resensie vir Oppie Koppie
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
4.0/5
Veiligheid
4.0/5
Waarde vir geld
3.0/5

Ligging

  • Elandstraat 24, Ballito, 4420, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink Oppie Koppie het ’n goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R5 500
per nag (plek vir 10)
Vanaf R5 500
per nag (plek vir 10)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Elandstraat 24, Ballito, 4420, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAwO0xYVSenX056r5UeVJuW5HbidxxW73lOCLlfMbNS8h5dekJNM?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R5 500  per nag (plek vir 10) 1 5 1 5 24 Eland Street Ballito 4420 KwaZulu-Natal 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -29.527747934618 31.22393251002
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za