Oppiekop in B.Bos

Voeg by Gunstelinge

 

Langtermynverblyf-aanbod 10 % af

Kry 10% af vir verblyf wat 10 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

Beskrywing

Oppiekop in B.Bos is 'n selfsorgkothuis wat in die vallei by Baardskeerdersbos skuil en word omring deur prentjiemooi, groen landerye en fynbos. Baardskeerdersbos is 20 km van Gansbaai, 67 km van Hermanus en 55 km van Bredasdorp af. Die pragtige witsandstrande by Uilenkraalsmond/Franskaal is minder as 20 km ver.

Dié kothuis het slaapplek vir 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer. Daar is 'n dubbelbed in die tweede slaapkamer, terwyl die derde slaapkamer 2 enkelbeddens het. Die tweede badkamer het 'n bad en 'n stort, 'n toilet en 'n wasbak.

Die kombuis is toegerus vir selfsorg met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, eetgerei en breekware. Daar is ook 'n wasmasjien en 'n tuimeldroër tot gaste se beskikking. Die eetarea het sitplek vir 6 gaste, terwyl die sitarea 'n gemaklike rusbankstel, 'n kaggel en 'n platskerm-TV met sekere DStv-kanale het. WiFi word ook voorsien.

Die leefarea bied toegang tot 'n lieflike onderdakpatio met uitsigte oor die vallei. Daar is 'n braai-area met 'n sentrale vuurput wat ideaal is vir gesinsaande. Parkeerplek vir 2 voertuie is beskikbaar op die perseel.

Slaapplek

'n Bespreking by Oppiekop in B.Bos sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Baarshengel
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Satelliet-TV
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensiegeriewe

  •  DVD-speler
  •  Televisie

Parkeerplek

  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Oppiekop In B.Bos gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 800 R1 620 per nag (plek vir 6)

Kry 10% af vir verblyf wat 10 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za