LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by OR Tambo Guest House | LekkeSlaap
+53

OR Tambo Guest House

74 resensies
Gastehuis
  • Kapasiteit: 34 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Oosweg 177, Pomona, Kempton Park, 1631, Gauteng
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R790 per nag (vir 2 persone)

Beskrywing

OR Tambo Guest House is in 'n pragtige area net 10 minute se ry van O.R. Thambo Internasionale Lughawe af geleë. Dié gastehuis spog met 'n landelike styl en is ideaal vir sakereisigers en vakansiegangers wat op soek is na 'n ontspanne, rustige wegbreek.

Daar is 8 ruim, luukse slaapkamers, van enkelkamers tot 'n gesinskamer met slaapplek vir 4 gaste. Elke kamer het 'n en suite-badkamer met 'n stort, ovaalvormige bad en 'n aparte toilet. Elke kamer is elegant versier en het 'n LCD-TV met gemeenskaplike DStv (Premium-pakket), koffie- en teemaakgeriewe, 'n lessenaar en gratis WiFi. Al die kamers maak op die sonnige, ruim veranda oop. 'n Kontinentale- of Engelse ontbyt is ingesluit by die tarief.

Ons bied ook 6 standaard sakpaskamers buite die hoofhuis. Hierdie kamers het enkel- of dubbelbeddens en en suite-badkamers met 'n stort. Daar is ook 'n LCD-TV met 'n gemeenskaplike DStv-Premium-pakker, tee- en koffiemaakgeriewe en gratis WiFi.

Ander geriewe op die perseel sluit 'n swembad, 'n lowerryke tuin met vuurputte en 'n sierfonteintjie in.

Veilige parkeerplek is beskikbaar op die perseel. 'n Pendeldiens na die lughawe kan teen 'n addisionele koste gereël word.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad

Geriewe

  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Swembad
  • Daaglikse Skoonmaakdiens

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Zoeloe
  • Xhosa

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Aandete Op Versoek
  • Etes Op Versoek

Parkeerplek

  • Agter Elektriese Hek

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant

Opsomming van Resensie

4.5 uit 5van 74 resensies vir OR Tambo Guest House
Netheid
4.6/5
Diens
4.5/5
Ligging
4.4/5
Veiligheid
4.5/5
Waarde vir geld
4.6/5

Ligging

  • Oosweg 177, Pomona, Kempton Park, 1631, Gauteng
  • Gaste dink OR Tambo Guest House het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R790
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R790
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 34 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Oosweg 177, Pomona, Kempton Park, 1631, Gauteng
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDE0ZDAxNzRmLTlmMTMtNDViMy1hMzdiLTA1MWVjZGNjYTQ5ZA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R790  per nag (vir 2 persone) 74 5 1 5 177 East Road Pomona 1631 Gauteng 086 999 0018 14:00-22:00 10:00 -26.107158922101 28.285322338343
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!