Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Oriebruggie Accommodation

Selfsorg
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Waterstraat 76, Calvinia, 8190, Noord-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R750 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Oriebruggie Accommodation is 'n selfsorgeenheid in Calvinia, 'n sonderlinge Karoodorpie halfpad tussen Kaapstad en Upington. Dié dorp bied verskeie interessante besienswaardighede en is 'n gewilde oornagplek vir dié wat die Tankwa Karoo Nasionale Park besoek.

Verblyf is beskikbaar in 3 eenhede met slaapplek vir tot 8 gaste.

Caryn is 'n eenslaapkamer-eenheid en bied slaapplek aan 3 gaste. Dit is ideaal vir 'n gesin. Die slaapkamer het 'n dubbelbed, enkelbed en 'n en suite-badkamer wat oopplan is met 'n stort en 'n draagbare afskorting vir privaatheid. Daar is ook 'n aparte badkamer met 'n bad. Die kombuis is met 'n yskassie, gastoof met 'n oond, 'n mikrogolf, ketel en broodrooster toegerus en daar is 'n toonbank met stoele. Die eenheid het 'n TV met sekere DStv-kanale, lugversorging en daar is elektriese komberse in die kamer.

Bibi beskik oor 1 slaapkamer en het slaapplek vir 2 gaste. Daar is 'n stort, toilet en 'n wasbak in die en suite-badkamer. Ander geriewe in die eenheid sluit 'n kombuisie in wat met 'n tweeplaatgasstoof, yskassie, ketel en mikrogolfoond toegerus is. Ander geriewe sluit 'n TV met die volle DStv-pakket en lugversorging in. Gratis WiFi is beskikbaar.

Ty beskik oor 1 slaapkamer en het slaapplek vir 3 gaste met 'n dubbelbed en 'n enkelbed en elektriese komberse. Daar is ook 'n stort, toilet en 'n wasbak in die en suite-badkamer. Ander geriewe in die eenheid sluit 'n kombuis in wat met 'n toonbank en stoele, oondjie, ketel, broodrooster, mikrogolf en 'n yskas toegerus is. Ander geriewe sluit 'n TV met die volle DStv-pakket en lugversorging in. Gratis WiFi is ook beskikbaar.

Daar is 'n braai-area in die tuin en onderdakparkeerplek word voorsien. 'n Swembad is beskikbaar vir gaste met kuierplek by swembadarea.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • 24-uur Ontvangs
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Troeteldiere indien gereël
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Fietsry
  • Wildkyk

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.6 uit 5van 31 resensies vir Oriebruggie Accommodation
Netheid
4.8/5
Diens
4.8/5
Ligging
4.3/5
Veiligheid
4.6/5
Waarde vir geld
4.7/5

Ligging

  • Waterstraat 76, Calvinia, 8190, Noord-Kaap
  • Gaste dink Oriebruggie Accommodation het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R750
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R750
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Waterstraat 76, Calvinia, 8190, Noord-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAfd5499c418a65723840693a73a1c4a6a5ebd41070da633b76c079934b77e803d882db3762243c2e8ddcca89eb62335833ce8?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R750 per nag (plek vir 2) 31 5 1 5 76 Water Street Calvinia 8190 Noord-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -31.475674209896 19.77784292399