Osborne Cottages
Opsomming van Resensie
Sw V - Okt 2019
Gemiddeld
Dit is netjies en skoon, maar een ding wat gepla het is geen internet nie. Nie seker of dit wel beskikbaar moes wees nie. Die ander ding wat belangriker is, is dat daar geen braai is nie. Dis nou een ding wat alle Suid-Afrikaners oor 'n naweek wil doen en dis braai. Die Weber wat beskikbaar was, is te klein en jy kan nie 'n vuur maak nie.
Lees meerOsborne Cottages se terugvoer
SW en sy gaste was net 'n plesier. Hulle was baie netjies en 'n plesier om te ontvang.
Ek verwelkom die terugvoer rakende die braai. Ons sal dit wel in ag neem.
Ek was nie bewus van die internet nie, dus vra ek om verskoning daaroor. Ons noem wel in ons welkom boekie dat Stanford se internet kan maar stadig wees maar ek sal weer kyk daarna.
Groete
Osborne Cottages
Nerina B - Aug 2019
Gemiddeld
Baie rustige omgewing en vriendelike gasvrou.
Osborne Cottages se terugvoer
Beste Nerina,
Baie dankie vir jul terugvoer.
Dit was 'n plesier om julle hier te ontvang. Ons verwelkom julle terug met plesier.
Groete
Osborne Cottages
Marené D - Apr 2019
Gemiddeld
Heerlik, gemaklik, skoon, waarde vir geld, troeteldier-vriendelik, sentraal.
Rene B - Feb 2019
Gemiddeld
Die perfekte akkommodasie.
Osborne Cottages se terugvoer
Dankie Rene.
Dit was vreeslik lekker om julle hier te hê. Julle was die perfekte gaste. Ons hoop ons kan julle gou weer verwelkom.
Cara H - Feb 2019
Gemiddeld
Ons het ons verblyf geniet, kan aanbeveel.
Dié resensie is vertaal,kliek hierom die oorspronklike weergawe te sien.
We enjoyed our stay, can recommend to others.
We enjoyed our stay at Osborne Cottages. The cottage was new and everything neat and tidy when we arrived.
Jy lees die oorspronklike resensie,kliek hierom die vertaalde weergawe te sien.
Osborne Cottages se terugvoer
Thank you, Cara. It was lovely to have you and your family. I hope we can welcome you back again.
Tina F - Jan 2019
Gemiddeld
Ons het ongelooflik lekker gekuier en gebly!
Osborne Cottages se terugvoer
Beste Tina,
Dit was vreeslik lekker om julle en die honde hier te kon ontvang. Ons hoop julle kan ons weer kom sien.
Groete,
Osborne Cottages
Hanlie R - Des 2018
Gemiddeld
Heerlike verblyf, pragtige plekkie.
Osborne Cottages se terugvoer
Dankie Hanlie, julle was wonderlike gaste en ons hoop ons kan julle weer verwelkom.
- Kapasiteit: 8 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Proteastraat 7, Stanford, 7210, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom