Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Otjiwa Bush House

Selfsorg

Jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.

4.2/5

Dean Geverifieer

Eiendomme 6

Resensies 173

Jaar gelys 12

Opsomming van Resensie

3.1 uit 5van 3 resensies vir Otjiwa Bush House
Netheid
2.3/5
Diens
3.0/5
Ligging
4.0/5
Veiligheid
3.7/5
Waarde vir geld
2.7/5
Michelle K - Jan 2021
Algehele gradering
Netheid
4/5
Diens
3/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Michelle K
Gesin met klein kinders

Dit was regtig lekker om te kan ontspan. Kinders het dit ook geniet.

Sal dit meer geniet het as daar meer diere kon kom. Die laaste twee dae het ons geen diere gesien by ons plek nie.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Sue D - Des 2020
Algehele gradering
Netheid
2/5
Diens
4/5
Ligging
5/5
Veiligheid
3/5
Waarde vir geld
2/5
Sue D

Baie lekker ontspan.

Die huis het ongelukkig dringend TLC nodig. Vir die prys wat ons betaal het, moes ons sukkel met ligte wat nie werk nie, pyp wat lek en die vloer elke oggend in 'n dam water gelos het. Eerste 2 dae moes ons bedlampie in kombuis gebruik totdat Mercy dag na Kersfees dorp toe kon gaan om verskeie gloeilampe te koop. Swembad kort ook aandag. Mercy is 'n engel wat probeer om te help waar sy kon. Dringend upgradering en instandhouding nodig.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Christo O - Aug 2019
Algehele gradering
Netheid
1/5
Diens
2/5
Ligging
3/5
Veiligheid
3/5
Waarde vir geld
1/5
Christo O
Saam met vriende

Onverwagse teleurstelling.

Positiewe kant was die braai area, dek en swembad wat 'n lekker kuierarea bied. Die slaapkamers bo se dek het 'n 180 grade-uitsig oor Marlothpark. Maar die negatiewe kant, sluit die volgende in: Braaier is vuil, rooster is krom en skeef, lig werk nie in braaier. Op die dek het die dakwaaier nie gewerk nie. Dit is aangemeld en is die volgende dag herstel. Baie donker huis en ligte moet heeldag brand om te kan sien waar jy loop. Dis is 3 huise wat in een huis omskep is, so die badkamers se vensters maak oop in 'n gang-area met geen ventilasie. Beddegoed was nie skoon, en ons het versoek dat dit oorgetrek moet word die volgende dag. Badkamer en slaapkamerdeure maak nie behoorlik toe nie en van die ligte in die badkamers het nie gewerk nie wat hulle die volgende dag kom herstel het. Baie steil trappe na die boonste kamers, wat glad nie geskik is vir ouer mense of kinders nie. Inteendeel die huis is glad nie veilig vir jong kinders nie. Op met die trappe teen die muur is 'n stukkende prent gehang waarvan die glas gebreek is en gevaarlik uitgesteek het. Iemand se gym-toerusting het rondgestaan in een van die vertrekke. Die kombuis se gasstoof het nie gewerk nie, maar is die volgende dag "herstel". Die knoppe is af en werk nie behoorlik nie. Jy weet nie of die stoof af is of nie, en dus het ons een aand geslaap terwyl die stoof gas afgeskei het. Die pooltafel in die sitkamer is 'n groot ornament wat nie werk. TV kan nie afskakel nie, van die aircons werk nie, en die een kamer se dak waaier is stukkend. Neem maar handseep en toiletpapier saam aangesien dit nie voorsien word gedurende jou verblyf. Dit maak mens ongelukkig om te weet jy werk hard, en dan as jy kans het om weg te breuk dan stap jy in so 'n huis in en moet dan reël om alles reg te kry. Hopenlik kan die eienaar sy plek reg maak en 'n beter ervaring vir sy gaste bied.

  Nuttig      
Omdat jy 'n LekkeSlaap-eienaar is, kan jy nie hierdie resensie as nuttig merk nie
Tydelik onbeskikbaar
Tydelik onbeskikbaar
Tydelik onbeskikbaar
  • Kapasiteit: 10 mense
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Papegaai-laan 2422, Marlotpark, 1321, Mpumalanga
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAArcSU4HlWIqJqWrP2fnoXOJb09ajsDf2PCqAaaOXwmq54WxJOMC?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80
Tydelik onbeskikbaar
3 5 1 4 2422 Papegaai Avenue Marloth Park 1321 Mpumalanga 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -25.344873018438 31.783951953373
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem