Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Ou Klipskuur Self-Catering Accommodation

  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 14 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Plaas Helpmekaar, Fraserburg, 6960, Noord-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R400 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Ou Klipskuur Self-Catering Accommodation is sowat 25 km buite Fraserburg in die Noord-Kaap geleë en bied gehalteverblyf met 'n plattelandse styl, asook 'n kampeerterrein. Hier kan gaste rus, ontspan en ware Karoo-gasvryheid ervaar. Dit is ideaal vir oornagverblyf tussen Johannesburg en Kaapstad.

Ou Klipskuur is ook 'n heerlike wegbreekplek vir diegene wat moeg is vir die stad. Die sterrehemel saans en die vars Karoolug sal jou weer aanvuur en vernuwe.

Die Oudeklip- en Oudeskuur-eenheid het elk 'n privaat ingang en funksioneer as aparte eenhede. Elke eenheid het ‘n slaapkamer en 'n TV met DStv. Die Oudeklip-eenheid se slaapkamer het ‘n dubbelbed en ‘n slaapbank, terwyl die Oudeskuur-eenheid se slaapkamer 2 enkelbeddens het, wat in 'n koninggrootte-bed omskep kan word. Elke eenheid het ‘n en suite-badkamer wat elk 'n stort, toilet en wasbak het. Verder het elke slaapkamer 'n elektriese kombers en daar is ook haardroërs en plafonwaaiers.

Die kombuis in die Oudeklip-eenheid is volledig toegerus met alles wat gaste benodig. Die Oudeskuur-eenheid bied 'n kombuishoekie met gerieflike en basiese geriewe om kos warm te maak. Die sitarea het gemaklike sitplek en 'n gesellige leeshoekie. Die Oudeklip-eenheid het 'n lieflike kaggel en die Oudeskuur-eenheid spog met 'n lekker gas-verwarmer. Braaigeriewe is beskikbaar.

Die Ou Klipskuur-Annex-eenheid beskik 'n slaapkamer, badkamer en 'n portaal. Die slaapkamer het 'n dubbelbed, elektriese kombers, haardroër, waaier en 'n gasverwarmer. Die en suite-badkamer het 'n bad, wasbak en toilet. Hierdie eenheid bied gemaklike sitplek en 'n klein leeshoekie. Die Annex-eenheid bied 'n kombuishoekie met opwarmingsfasiliteite.

Gaste het toegang tot gratis WiFi en veilige onderdakparkeerplek word voorsien.

Die kampterrein is onder koeltebome geleë, met 'n groot plaasdam tot gaste se beskikking. Drie staanplekke en 'n ablusieblok met 'n wasbak, toilet en warmwaterstort is beskikbaar, sowel as opwasgeriewe en draagbare braaigeriewe. WiFi is ook beskikbaar vir kampeerders. Parkeerplek onder koeltebome is beskikbaar.

Aktiwiteite op die plaas sluit in ontspanning langs die plaasdam, 4x4-roetes, voëlkyk, stap- en bergfietsroetes en die verkenning van die Fraserburg-omgewing.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • 24-uur Ontvangs
  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Piekniekmandjies Op Versoek

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 28 resensies vir Ou Klipskuur Self-Catering Accommodation
Netheid
5.0/5
Diens
4.9/5
Ligging
4.5/5
Veiligheid
4.9/5
Waarde vir geld
4.9/5

Jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Annemè Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 28

Jaar gelys 6

Ligging

  • Plaas Helpmekaar, Fraserburg, 6960, Noord-Kaap
  • Gaste dink Ou Klipskuur Self-Catering Accommodation het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Karoo Noord-Kaap
Vanaf
Vanaf R400
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R400
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 14 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Plaas Helpmekaar, Fraserburg, 6960, Noord-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA2f275f299af78269ee58476ec7d56815112e126e7861a4d8664bfad8c34003fd1f728f5ea1f08f2105841705268bb660d70c?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R400 per nag, vir 2 mense 28 5 1 5 Helpmekaar Farm Fraserburg 6960 Noord-Kaap 021 201 8901 14:00-21:00 10:00 -31.783569 21.706965
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem