Oude Pastorie

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Die Oude Pastorie, 'n gastehuis in die klein dorpie Nieu-Bethesda, bied gehalteverblyf aan 'n gesin of 'n groep vriende. Die eiendom is 'n pragtige ou pastorie wat oorspronklik in 1847 gebou is.

Die Oude Pastorie bied 2 verblyfopsies, naamlik die Victoriaanse hoofhuis en die ou koetshuis.

Die hoofhuis beskik oor 3 slaapkamers en bied slaapplek aan 6 gaste. Elke slaapkamer het 'n koninggrootte-bed en die hoofslaapkamer het 'n en suite-badkamer met 'n stort, bad, toilet en 'n wasbak. Die derde, aparte badkamer het ook 'n bad, toilet en 'n wasbak. Die kombuis is met 'n gasstoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, koffie- en teemaakgeriewe, breekware en eetgerei toegerus. Daar is 'n aparte opwaskamer met 'n skottelgoedwasser, wasmasjien en 'n tuimeldroër en 'n spens met 'n yskassie. Die sitkamer het gemaklike rusbanke, 'n TV met DStv en 'n eetarea met oorgenoeg sitplek waar gaste saam hul maaltye kan geniet. Dit bied toegang tot 'n stoep met 'n gasbraai en 'n draaispit.

Oude Waenhuis beskik oor 2 slaapkamers en bied slaapplek aan 4 gaste. Die hoofslaapkamer en die tweede slaapkamer het elkeen 'n koninggrootte-bed en 'n TV met DStv. Die badkamer het 'n stort, bad, toilet en 'n wasbak. Die kombuisie is met 'n mikrogolfoond, yskassie, koffie- en teemaakgeriewe, breekware en eetgerei toegerus. Die sitarea het gemaklike sitplek.

Die Oude Pastorie is in 1847 gebou en het in 1960 die amptelike pastorie van die dorpie geword. Die eiendom spog met pragtige tuine en 'n swembad wat gebou is om te lyk soos 'n ou plaasdam met 'n windpomp. Die versorgde tuine met wit roosbome verdeel die eiendom in verskillende dele.

'n Wonderlike klein woud met bome vorm 'n perfekte beskutting waar gaste die skaduwee van die warm Karoo-somerhitte kan geniet.

Die hoofhuis en die waenhuis het moderne sekuriteitstelsels met polisiereaksie.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Oude Pastorie gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 650 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za