Ouma Joey's
- Kapasiteit: 7 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 16:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Erf 393, Saint Georges-laan, Nature's Valley, 6600, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R4 950 per nag (plek vir 7)
Beskrywing
Ouma Joey's is 'n bekoorlike tripelverdieping-selfsorgvakansiehuis in die hartjie van Nature's Valley in Tsitsikamma. Dit is ideaal vir 'n gesin wat op soek is na 'n unieke wegbreek naby die strand en ver van die gedruis van die stad.
Die huis beskik oor 4 slaapkamers en 2 badkamers. Daar is 2 slaapkamers op die grondverdieping, een met 'n dubbelbed en die ander met 'n enkelbed. Hierdie 2 kamers deel 'n badkamer met 'n stort. Die derde slaapkamer het 'n dubbelbed en die vierde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Hierdie twee kamers is op die eerste verdieping en deel 'n badkamer met 'n stort. Alle linne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet asb. hul eie strandhanddoeke saambring.
Die oopplan-kombuis is volledig toegerus met 'n yskas, mikrogolf, gasstoof en ketel sowel as 'n etenstafel met genoeg sitplek.
Die derde verdieping is perfek vir gaste wat familie of vriende wil onthaal. Dit het 'n kroeg, bordspeletjies, gemaklike rusbanke en 'n snoekertafel. Daar is 'n wasmasjien, ekstra vrieskas en tuimeldroër op die grondverdieping. Boekwurms sal bly wees om te verneem dat daar ook 'n leeskamer is met 'n verskeidenheid boeke om van te kies.
Buite is daar 'n lieflike braai-area onder die bome waar gaste maaltye saam kan voorberei. Vuurmaakhout, binne perke, word voorsien. Daar is een toesluitmotorhuis en veilige parkeerplek op die perseel beskikbaar. Gidshonde is welkom mits dit vooraf so gereël is.
Die huis is ideaal geleë sodat gaste die Tuinroete kan verken, maar jy kan ook net lekker in die son sit en ontspan. Die kombinasie van die see, strandmeer, inheemse woud, fynbos en berge komplementeer die rustigheid van hierdie baie bekoorlike vakansiedorpie.
Slaapplek
’n Bespreking by Ouma Joey's sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Speletjieskamer
- Gastesitkamer
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Troeteldiere indien gereël
- Persoonlike Kluis
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Onderdakparkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Ligging
- Erf 393, Saint Georges-laan, Nature's Valley, 6600, Wes-Kaap
Sien meer verblyf in Nature's Valley Stormsrivier Tuinroete Wes-Kaap
- Kapasiteit: 7 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 16:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Erf 393, Saint Georges-laan, Nature's Valley, 6600, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom