Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Ouma Joey's

Selfsorg
  • Kapasiteit: 7 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 16:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Erf 393, Saint Georges-laan, Nature's Valley, 6600, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R4 350 per nag, vir 7 mense

Beskrywing

Ouma Joey's is 'n bekoorlike tripelverdieping-selfsorgvakansiehuis in die hartjie van Nature's Valley in die Tsitsikamma. Dit is ideaal vir 'n gesin wat op soek is na 'n unieke wegbreek naby die strand en ver van die gedruis van die stad.

Die huis beskik oor 4 slaapkamers en 2 badkamers. Daar is 2 slaapkamers op die grondverdieping, een met 'n dubbelbed en die ander met 'n enkelbed. Hierdie 2 kamers deel 'n badkamer met 'n stort. Die derde slaapkamer het 'n dubbelbed en die vierde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Hierdie twee kamers is op die eerste verdieping en deel 'n badkamer met 'n bad en ‘n stort. Alle linne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet asb. hul eie strandhanddoeke saambring.

Die oopplan-kombuis is volledig toegerus met 'n yskas, mikrogolf, gasstoof en ketel sowel as 'n etenstafel met genoeg sitplek.

Die derde verdieping is perfek vir gaste wat familie of vriende wil onthaal. Dit het 'n kroeg, bordspeletjies, gemaklike rusbanke en 'n snoekertafel. Daar is 'n wasmasjien, ekstra vrieskas en tuimeldroër op die grondverdieping. Boekwurms sal bly wees om te verneem dat daar ook 'n leeskamer is met 'n verskeidenheid boeke om van te kies.

Buite is daar 'n lieflike braai-area onder die bome waar gaste maaltye saam kan voorberei. Vuurmaakhout, binne perke, word voorsien. Daar is een toesluitmotorhuis en veilige parkeerplek op die perseel beskikbaar. Gidshonde is welkom mits dit vooraf so gereël is.

Die huis is ideaal geleë sodat gaste die Tuinroete kan verken, maar jy kan ook net lekker in die skaduryke tuin sit en ontspan. Die kombinasie van die see, strandmeer, inheemse woud, fynbos en berge komplementeer die rustigheid van hierdie baie bekoorlike vakansiedorpie.

Die huis het 'n sonkragstelsel wat die yskas, ligte en TV tydens kragonderbrekings ondersteun, maar gaste mag dit nie oorlaai nie.

Slaapplek

’n Bespreking by Ouma Joey's sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 1 persoon
1 xEnkelbed / Driekwartbed
Dubbelbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 4
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Speletjieskamer
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Persoonlike Kluis
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • Aparte toilet
  • Stort
  • Seep
  • Toiletware

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Haardroër
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Stoof

Vermaak

  • Boeke en tydskrifte
  • Eksklusiewe dstv
  • Tv

Opsomming van Resensie

5 uit 5van 1 resensie vir Ouma Joey's
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
5.0/5

Jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.

4.3/5

Tharia Geverifieer

Eiendomme 3

Resensies 5

Jaar gelys 1

Ligging

  • Erf 393, Saint Georges-laan, Nature's Valley, 6600, Wes-Kaap
  • Gaste dink Ouma Joey's het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R4 350
per nag, vir 7 mense
Vanaf
Vanaf R4 350
per nag, vir 7 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 7 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 16:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Erf 393, Saint Georges-laan, Nature's Valley, 6600, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA65df7b1723a3ef17d6b30b73806740994e10aa735a37d4d12e064acf57af0cbaff30e959268a37a3c5c59a448cecfbf7ef5e?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R4 350 per nag, vir 7 mense 1 5 1 5 Erf 393 Saint Georges Avenue 6600 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-16:00 10:00 -33.97834531183 23.561653981467
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem