Ouma's Farmhouse

Voeg by Gunstelinge

 

Spesiale Aanbod 25 % af

Kry 25% af. Geldig vanaf 5 Des 2019 tot 10 Jan 2020.

Beskrywing

Ouma’s Farmhouse is 'n huis sowat 20 km vanaf Wildernis en bied rustige verblyf vir 'n plaasstyl-wegbreek.

Dié ruim selfsorghuis het slaapplek vir 8 gaste en bestaan uit 4 slaapkamers, 2 badkamers en 'n gastetoilet. Die hoofslaapkamer het ‘n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort en 'n toilet. Die tweede slaapkamer het ‘n dubbelbed en derde en vierde slaapkamer het elk 2 enkelbeddens. Beddegoed en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet hul eie strandhanddoeke saambring.

Die kombuis is goed toegerus met 'n yskas-vrieskas, mikrogolf, ketel, broodrooster, skottelgoedwasser en 'n wasmasjien. Daar is ook 'n groot sit- en eetkamer. Die binne braai-area het 'n tweeplaatgasstoof en 'n yskas en bied toegang tot ‘n lieflike, groot boomryke tuin met 'n plaasdam wat volgemaak word voor gaste arriveer om in te swem.

Gaste kan in die dag voëlkyk en in die aand sterrekyk op die stoep.

Ouma’s Farmhouse is die ideale plekkie vir 'n paartjie, gesin of groep wat ‘n rustige plaasatmosfeer waardeer. Die huis is sowat 20 minute se ry vanaf Sedgefield en Wildernis met lieflike strande en uitstekende restaurante.

Daar is ook verskeie doendinge in die omgewing soos perdry, visvang, fietsry, bergfietsry, staproetes, kanovaart, gholfbane en swem.

Besienswaardighede soos die Woodville Groot Boom en die Kaart van Afrika is maar 2 van baie in die omgewing.

Slaapplek

'n Bespreking by Ouma's Farmhouse sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 4 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Aparte Toilet
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Elektriese kombers
  •  Waaier
  •  Kluis

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  Gedeelde DSTV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Ouma's Farmhouse gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 800 R1 800 per nag (vir 8 mense)

Kry 25% af. Geldig vanaf 5 Des 2019 tot 10 Jan 2020.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za