Marlothpark Akkommodasie by Our Roots | LekkeSlaap
+42
+42

Our Roots

2 resensies
Selfsorg
  • Vanaf R1 450 per nag (plek vir 6)
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Korhaanlaan 2930, Marlothpark, 1340, Mpumalanga
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

Our Roots is 'n lieflike selfsorghuis met plek vir 6 gaste in 'n stil deel van Marlothpark.

Die dubbelverdieping-grasdakhuis beskik oor 3 slaapkamers met lugversorging wat 2 badkamers deel. Die solderkamer het 'n koninggrootte-bed en die kamers op die grondverdieping het elkeen 'n koningingrootte-bed. Die badkamers is op die grondverdieping en het elkeen 'n stort, toilet en 'n wasbak.

Die kombuis op die grondverdieping is met 'n stoof, oond, mikrogolfoond, yskas, skottelgoedwasser, ysmasjien en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Gaste kan in die sitkamer met 'n TV op die eerste verdieping of in die sitkamer op die grondverdieping ontspan.

Let asb. dat die huis redelik klein is en daarom word daar slegs 6 gaste, kinders ingesluit toegelaat in die huis.

Die huis het ook 2 stoepe waar gaste kan ontspan terwyl hulle na die wild kyk. Daar is ook 'n aparte lapa met 'n ingeboude braai en 'n plonspoel vir warm somersdae.

Our Roots is 25 km vanaf die Krokodilbrughek na die Krugerwildtuin. Marlothpark bied talle wildkykgeleenthede met 'n groot verskeidenheid wild wat vrylik rondloop, voëlkykgeleenthede, sowel as doendinge soos fietsry, wandel en vierwielmotorfietsry. Daar is ook 'n waterpark, putt-putt-baan, 'n drankwinkel, restaurant, bakkery, curiowinkel en vulstasie in die dorp.

Slaapplek

’n Bespreking by Our Roots sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Koningingrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Koninggrootte-bed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
1 xKoninggrootte-bed

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildkyk
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Groot 5
  • Begeleide Wandelpaaie

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.9 uit 5van 2 resensies vir Our Roots
Netheid
5.0/5
Diens
4.5/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
5.0/5

Ligging

  • Korhaanlaan 2930, Marlothpark, 1340, Mpumalanga
  • Gaste dink Our Roots het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 450
per nag (plek vir 6)
Vanaf R1 450
per nag (plek vir 6)
Vanaf R1 450
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Korhaanlaan 2930, Marlothpark, 1340, Mpumalanga
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAxj97CF7y7QaRkbHkBuKfYuRQoJakKJVEXTVIHqKFCLeENZCt6T?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 450  per nag (plek vir 6) 2 5 1 5 2930 Korhaan Avenue Marloth Park 1340 Mpumalanga 086 999 0018 14:00-18:00 10:00 -25.3392 31.79801
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za