Our Shack at Bushmans River Mouth

Voeg by Gunstelinge

 

Weeksdagaanbod 10 % af

Kry 10% af op enige bespreking wat nie 'n Vrydag- of Saterdagaand insluit nie (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 15 Apr 2019 tot 12 Des 2019.

Beskrywing

Our Shack at Bushmans River Mouth is 'n oorspronklike hut in Boesmansriviermond wat sowat 'n uur en 15 minute se ry vanaf Port Elizabeth is. Dis net 5 minute se stap vanaf 'n kerk en tennisbaan.

Dié hut is eenvoudig, maar gerieflik en goed toegerus. Daar is nie 'n TV, DStv of WiFi nie. Hier kan jy ver stap, swem, braai onder die sterre, lees, heerlik kuier en vir die voëls kyk.

Die hut beskik oor 2 slaapkamers waarvan 1 'n dubbelbed en die ander kamer 'n dubbel- en enkelbed het. Elke kamer het ingeboude kaste. Die badkamer het 'n bad, toilet en wasbak. Daar is ook 'n derde kamer langs die patio met 'n stapelbed en 2 enkelbeddens.

Die kombuis is toegerus met 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas en ander toebehore. Daar is 'n yskassie en sitplek vir 6 in die sitkamer, asook 'n etenstafel vir 8 op die stoep. Daar is 'n draagbare braai op die gras voor die stoep en 'n ingeboude braai. Daar is 'n reënwatertenk wat drinkwater voorsien.

Verder is daar 'n buitegebou met 'n bostoilet, stort met warm water en 'n puttoilet. Troeteldiere word op versoek toegelaat en die tuin is omhein.

Slaapplek

'n Bespreking by Our Shack at Bushmans River Mouth sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 3 - Huisves 3 persone
3 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Badkamer

  •  Bad
  •  Aparte Toilet
  •  Stort
  •  Seep

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Our Shack At Bushmans River Mouth gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 200 R1 200 per nag (plek vir 8)

Kry 10% af op enige bespreking wat nie 'n Vrydag- of Saterdagaand insluit nie (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 15 Apr 2019 tot 12 Des 2019.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za