Blanco Akkommodasie by Out of Bounds Self-Catering Lodge | LekkeSlaap
+19

Out of Bounds Self-Catering Lodge

3 resensies
Selfsorg
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Voortrekkerstraat 20, Blanco, George, 6529, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 500 per nag (vir 4 persone)

Beskrywing

Out of Bounds Self-Catering Lodge is in die hartjie van Suid-Afrika se Tuinroete geleë op 'n groot perseel in die groen, welige buitewyk Blanco in George. Dit is net 'n hanetreetjie van die welbekende Fancourt Gholflandgoed af. Gaste het toegang tot die woonstel deur 'n aparte ingang en is dit is die perfekte wegbreek vir gholfspelers, sakereisigers en vakansiegangers.

Die woonstel het slaapplek vir 4 gaste en beskik oor 2 slaapkamers, 1 badkamer, en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die badkamer het 'n stort, toilet en wasbak. Elektriese komberse word vir die koue winters voorsien en daar is waaiers vir die warm somermaande.

Die kombuis is ten volle toegerus vir selfsorg en beskik oor 'n stoof, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, eetgerei en breekware. Daar is ook 'n ontbyttoonbank met stoeltjies. Die eetarea het sitplek vir 6 gaste en in die sitkamer is daar 'n gerieflike sitkamerstel en 'n platskerm-TV met sekere DStv-kanale teen die muur. Gratis WiFi word voorsien.

Die leefarea bied toegang tot 'n onderdakstoep met braaigeriewe. Veilige parkeerplek is op die perseel agter afstandbeheerde hekke beskikbaar.

Slaapplek

’n Bespreking by Out of Bounds Self-Catering Lodge sluit in:

Koninggrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoninggrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Wynproe
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Opsomming van Resensie

4.3 uit 5van 3 resensies vir Out of Bounds Self-Catering Lodge
Netheid
4.3/5
Diens
3.7/5
Ligging
4.0/5
Veiligheid
4.7/5
Waarde vir geld
4.7/5

Ligging

  • Voortrekkerstraat 20, Blanco, George, 6529, Wes-Kaap
  • Gaste dink Out of Bounds Self-Catering Lodge het ’n goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Blanco George Wes-Kaap
Vanaf R1 500
per nag (vir 4 persone)
Vanaf R1 500
per nag (vir 4 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Voortrekkerstraat 20, Blanco, George, 6529, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA9GW5K8qIUPsLIyUdcZV3DpnHulYul2TASQhWn0IkKhIr0uDEHW?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 500  per nag (vir 4 persone) 3 5 1 5 20 Voortrekker Street Blanco 6529 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -33.9503528 22.4105809
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za