Plettenbergbaai Akkommodasie by Out of Plett | LekkeSlaap
+18

Out of Plett

Selfsorg
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Stofpad, Wittedrift, Plettenbergbaai, 6603, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 190 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Out of Plett is 'n kothuis met 'n Kaaps-Hollandse styl en 'n plattelandse ligging. Dit bied pragtige uitsigte oor die Bitouvallei, 'n oormaat voëlspesies en verseker 'n rustige vakansieritme. Die kothuis is ruim en gaste sal heel waarskynlik die meeste van hul tyd op die stoep of om die vuurput deurbring met 'n skemerkelkie in die hand en die perde wat oor hulle skouers kom loer.

Die kothuis het slaapplek vir 4 gaste en beskik oor 2 slaapkamers, 1 badkamer en 'n oopplan-kombuis en leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed, die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die badkamer het 'n stort, toilet en 'n wasbak. Daar is 'n bababedjie en -stoeltjie, asook verskeie speletjies.

Die kombuis is ten volle toegerus met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, eetgerei en breekware. Die eetarea het sitplek vir 4 gaste en die sitarea het 'n gemaklike rusbankstel, kaggel en 'n platskerm-TV met sekere DStv-kanale. Gratis WiFi word ook voorsien en die kothuis het 'n alarmstelsel.

Die gashere, Bettina en Paul, stel graag doendinge, daguitstappies en restaurante in die omtrek aan gaste voor en is daar om met besprekings te help. Hulle praat Engels, Nederlands, Afrikaans en Duits.

Die kothuis is langs die Bitourivier te midde van plase geleë en is naby heuwels wat oortrek is van die fynbos. Die Tsitsikammeberge in die verte rond hierdie prentjie mooi af. Daar is 'n oorvloed voëlspesies in die omtrek, beide tuin- en vleilandvoëltjies en grysbokke wei dikwels voor die kothuis.

Slaapplek

’n Bespreking by Out of Plett sluit in:

Koningingrootte-bed Kinderbedjie
Slaapkamer 1
Plek vir 3 persone
1 xKoningingrootte-bed
1 xKinderbedjie
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Wildritte
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Nederlands
  • Duits

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant

Ligging

  • Stofpad, Wittedrift, Plettenbergbaai, 6603, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 190
per nag (plek vir 4)
Vanaf R1 190
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Stofpad, Wittedrift, Plettenbergbaai, 6603, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAdtHmx5VOhjiuSrthgvNwEGe1X2oisl90BSJaLT1VbQjYzkvaLE?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 190  per nag (plek vir 4) Stofpad Wittedrift 6603 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -34.001470205106 23.31987900531
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za