Kaapse Roete 62 Akkommodasie by Outeniqua Trout Lodge | LekkeSlaap
+33

Outeniqua Trout Lodge

  • Kapasiteit: 46 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Prins Alfredpas, R339 , De Vlugt, 6490, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R700 per nag (vir 2 persone)

Beskrywing

Outeniqua Trout Lodge is 'n 'groen' forel-lodge en verskaf krag en water van natuurlike bronne met hidro- en sonkrag. Die lodge is deel van die Middel Keurbooms Bewarea, 'n spesiale natuurlike deurgangsroete met unieke flora en fauna en uitsonderlike voëllewe. Die berge met hul veranderende kontraste en skakerings is deel van die agtergrond van hierdie skilderagtige plaas. Dit is die perfekte toevlugsoord en bied volmaakte rus en vree' vir moeë siele.

Die lodge bied verblyf in gerieflike privaat hout-lodges (Hoopoe, King Fisher, Loerie en Fish Eagle). Twee eenhede lê aan die kant van die berg en 2 naby 'n rustige dam met voorraad. Elke hut beskik oor 2 afsonderlike slaapkamers - 'n en suite-hoofslaapkamer en 'n kamer met 2 enkelbeddens en eie gesinsbadkamer. Die dubbelrusbank in die leefarea kan ook omskep word in 'n dubbelbed om voorsiening te maak vir 6 gaste. Die eenhede het elkeen katoenlinne, handdoeke, kombuistoebehore, buitebraaigeriewe, 'n privaat dek en keramiekhoutkaggels vir die koue winteraande.

Bain's Cottage is 'n opgeknapte, historiese kothuis met al die bekoring van die Victoriaanse era en het 'n massiewe kaggel. Let egter daarop dat die kothuis net 'n gemeenskaplike slaap- en leefarea het. Dit is daarom geskik vir paartjies, klein groepe of gesinne wat gemaklik is om slaapplek te deel.

Daar is ook 4 Indiaanse tipi-tente in Kamp Gwaai wat omring word deur 'n pekanneutwoud. Die kamp is ideaal vir enkelreisigers, paartjies, gesinne en groot of klein groepe. Die gemeenskaplike geriewe bevorder interaksie en sosiale verkeer onder gaste. Die tipi-tente lê 'n entjie vanaf die vermaakarea en is ver uitmekaar om privaatheid te verseker. Elke tent het 4 driekwartbeddens.

Die lodge het nie televisies, telefone of selfoonsein nie - die perfekte toestande om die helder, skitterende sterre en stilte van die plaas te geniet. Let ook daarop dat die hoofpad die Prins Alfredpas is en dat alle ander toegangspaaie na die plaas grondpaaie is.

De Vlugt het nie vulstasies, banke of kredietkaartgeriewe nie - maak dus jou voertuig en beursie vol voordat jy hierheen kom. Outeniqua Trout Lodge kweek die meeste gewasse self en ondersteun die plaaslike boere. Etes aan groepe kan verskaf word indien dit vooraf gereël word.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Masseer- en Skoonheidsterapie
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek

Aktiwiteite op perseel

  • Kunsvlieghengel
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Duits

Maaltye Aangebied

  • Etes Op Versoek

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.7 uit 5van 18 resensies vir Outeniqua Trout Lodge
Netheid
4.8/5
Diens
4.6/5
Ligging
4.6/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
4.6/5

Ligging

  • Prins Alfredpas, R339 , De Vlugt, 6490, Wes-Kaap
  • Gaste dink Outeniqua Trout Lodge het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Kaapse Roete 62 Wes-Kaap
Vanaf R700
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R700
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 46 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Prins Alfredpas, R339 , De Vlugt, 6490, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDJmYTMwOTMzLTZkNDItNDcwOS04YmVjLTlhMGYzMmM0ZWNkZQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R700  per nag (vir 2 persone) 18 5 1 5 Prins Alfred's Pass R339 6490 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -33.820979 23.184021
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za