Ovendales Self-Catering Cottage

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Ovendales Self-Catering Cottage is op die eienaar se perseel in Airfield, Benoni geleë. Dié kothuis bied slaapplek aan 2 of 3 gaste en is naby verskeie geriewe.

Hierdie volledig gemeubileerde kothuis het 1 slaapkamer met 'n dubbelbed en 1 badkamer met 'n wasbak, stort en 'n toilet. Die eenheid se kombuis is goed toegerus met 'n yskas-vrieskas, oond, stoof, 'n mikrogolf, koffiemasjien en ingeboude kaste.

Die sitkamer het gemaklike sitplek en 'n TV met DStv. Die eenheid het 'n privaat tuin met braaigeriewe. Komplimentêre ontbytgraan, tee, asook normale en geperkuleerde koffie word met aankoms voorsien. Ontbyt en ander gekookte etes kan ook gereël word.

Veilige onderdakparkeerplek is vir 1 voertuig beskikbaar. Ovendales Self-Catering Cottage is 'n paar minute se ry vanaf die winkelsentrums, skole en Northmead Mall.

Die eiendom is ook 5 minute se ry vanaf Benoni Buiteklub en 20 minute vanaf O.R. Tambo Internasionale Lughawe.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Tennis

Badkamer

  •  Stort
  •  Seep

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Ovendales Self-Catering Cottage gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R850 per nag (vir 3 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za