Over The Horizon

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Over The Horizon is 'n selfsorg-vakansiehuis in die dorpie Glenmore aan die suidkus van KwaZulu-Natal. Dié pragtige huis is ongeveer 800 m vanaf die gewilde Glenmore swemstrand. Die huis grens aan 'n bewoude deel en op yskoue oggende kom kuier bosbokkies en duikers in die tuin.

Dié dubbelverdiepinghuis het slaapplek vir 12 en beskik oor 6 slaapkamers, 3 badkamers en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en die ander 4 slaapkamers het elk 'n koningingrootte-bed.

Die kombuis is goed toegerus met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, eetgerei en breekware. Die huis het 'n leefarea op die boonste verdieping en nog een op die onderste verdieping.

Die voorkant van die huis het 'n onderdakstoep met buitelug meubels. Braaigeriewe is aan die voorkant en die agterkant van die huis beskikbaar. Die suidkus van KZN bied 'n oorvloed van voëllewe wat die huis perfek maak vir die natuurliefhebber.

Slaapplek

'n Bespreking by Over The Horizon sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 4 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 5 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 6 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Gedeelde DSTV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Over The Horizon gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 500 per nag (plek vir 12)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za