Overnight Accommodation

Voeg by Gunstelinge

 

Spesiale Aanbod 10 % af

Kry 10% af. Geldig vanaf 14 Okt 2019 tot 30 Nov 2019.

Beskrywing

Overnight Accommodation bied 2 selfsorg-eenhede in Howick, die poort na die Midlands Meander. Ons is naby die Howick Valle, Midmar Dam en Umgeni Natuurreservaat en verskeie restaurante en gholfbane geleë. Ons is net 500 m van die N3 af en slegs 'n uur van Durban en 4 ure van Gauteng af.

Daar is 2 volledig toegeruste selfsorg-eenhede. Elke eenheid is gemeubileer met 2 enkelbeddens en 1 slaapbank vir 'n ekstra volwassene of 2 klein kinders. Die beddens het elektriese komberse vir koue winteraande. Die kombuis het 'n oondjie, mikrogolf, yskas, broodrooster en ketel. Albei eenhede het 'n en suite-badkamer. Eenheid 1 het 'n bad en Eenheid 2 het 'n stort. Eenheid 1 en Eenheid 2 kan as 'n geheel gehuur word met 'n gang wat die 2 eenhede met mekaar verbind.

Die eenhede is apart van die hoofhuis en het albei 'n tuin en braaigeriewe. Die perseel is volledig omhein en veilig met elektriese heining en afstandbeheerde hekke.

Die Howick Valle is net 2 km weg. Midmar Dam is net 10 minute se ry weg waar gaste kan ontspan, braai of bootry. Die Nelson Mandela Gedenkteken waar hy gevangene geneem is, is 8 km van die dorp af en gedenk die 50 jaar-herdenking van Mandela se langdurige strewe na vryheid. Daar is ook verskeie Midlands Meander-roetes om te verken.

Kenmerke

  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Overnight Accommodation gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R800 R720 per nag (vir 2 mense)

Kry 10% af. Geldig vanaf 14 Okt 2019 tot 30 Nov 2019.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za