Owls Loft Guest House

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Owls Loft Guest House is 'n bekoorlike grasdakhuis op 'n plaas in Midrand. Dié gastehuis is lekker naby hoofweë, snelweë en ander woonbuurte geleë.

Die Owls Loft-gastehuis het 11 ruim kamers wat elkeen ingerig is met 'n dubbelbed of 2 enkelbeddens. Elke kamer het 'n en suite-badkamer met 'n stort of 'n bad of albei. 'n Ekstra enkelbed kan teen ekstra kostes voorsien word. Elke kamer het ook 'n yskassie, 'n waaier, 'n kaggel, 'n verwarmer, koffie- en teemaakgeriewe, 'n TV met DStv en 'n kluis.

Ander geriewe sluit 'n swembad, WiFi, lughawe-pendeldienste en veilige parkeerplek in.

Owls Loft is ook naby tientalle besienswaardighede, soos Gallagher Estate, die Glen Austin-voëlpark, Kyalami Country Club en die Lory Park Animal and Owl Sanctuary.

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Owls Loft Guest House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R975 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za