Owls Nest

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Owls Nest is 'n luukse woonstel in Mykonos. The feel of comfort and luxury demands its presence throughout the apartment.

Die woonstel het 1 slaapkamer. Die bed is met 'n donsige duvet en skoon wit linne opgemaak. Die ruim oopplan-leefarea het 'n platskerm-TV met DStv. Die oopplankombuis is goed toegerus en lei na 'n privaat balkon met braaigeriewe en 'n uitsig oor die bekende Langebaanstrandmeer.

Die skoonmaakspan se hoofdoel is om seker te maak die eenheid is silwerskoon wanneer gaste inklok. Hulle kan gedurende die verblyf teen 'n addisionele koste bespreek word. Ons vriendelike gasheer sal gaste met enige verdere inligting of navrae help.

Die woonstel het die ideale ligging in die hartjie van Mykonos Resort. Dit is naby restaurante, putt-putt, swembaddens, die strand, spa, tennis en muurbalbane. Die oord het 'n groot casino. Daar is ook 'n wassery, strandwinkel en klein kruidenierswinkeltjie vir noodgevalle.

Verder is die nuwe Laguna Mall met 'n Woolworths Food, Checkers en Pick n Pay net om die draai. Dié winkelsentrum het ook 'n Wimpy, koffiewinkels en ander kleiner winkels.

Die Weskus het talle doendinge en bestemmings om te besoek wat die Weskus Nasionale Park, Kraalbaai, Postberg, fossielpark, Darling Brewery en Groote Post insluit, om maar 'n paar te noem. Langebaan, Paternoster, Velddrif, Hopefield, Saldanha en Dwarkersbos is net 'n entjie se ry daarvandaan. Hierdie buurdorpe het baie restaurante, geskenkwinkels en pragtige natuurskoon.

Slaapplek

'n Bespreking by Owls Nest sluit in:

1 x Dubbelbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildkyk
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem
  •  Tennis

Badkamer

  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Kroeg
  •  Spa-behandelinge
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Restaurant op Perseel
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Owls Nest gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R3 828 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za