Oystercatchers

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Oystercatchers is op die strand geleë en spog met asemrowende berg- en see-uitsigte. Hierdie huis met sy skakelwoonstel is ideaal vir gesinne en vriende en die ligging is absoluut uniek.

Oystercatchers bied slaapplek vir 12 persone: 8 gaste in 3 slaapkamers in die hoofhuis op 1 koningingrootte-bed en 6 enkelbeddens. Daar is 2 badkamers in die hoofhuis. Verder is daar slaapplek vir 4 gaste in die skakelwoonstel met 2 slaapkamers en 2 badkamers. Elk van die kamers het 2 dubbelbeddens dus is daar slaapplek vir 4 mense. Die meeste van die kamers het luisterryke see-uitsigte.

Die kombuis het 'n spens en is toegerus met 'n vrieskas, yskas, stoof, mikrogolf, skottelgoedwasser en 'n wasmasjien. Daar is 'n satelliet-TV en 'n DStv-koppelpunt beskikbaar, so onthou asseblief om jou eie dekodeerder en slimkaart saam te bring. Die huis het 'n oopplan-sitkamer en -eetarea wat lei na 'n groot veranda met 'n ingeboude braai en asemrowende see- en berguitsigte terwyl dit nog oor die strand ook uitkyk.

Buite is daar 'n groot grasperk en fynbostuin met 'n voetpaadjie na die strand. Gaste mag ongelukkig nie rook in die huis nie en troeteldiere word ook nie in toegelaat nie.

Die huis is beskikbaar gedurende die spitsseisoen (Desember en Januarie) vir 'n minimum-verblyftydperk van 14 nagte.

Kenmerke

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Kamergeriewe

  •  Eetkamer
  •  Kaggel
  •  Sitkamer

Vermaak

  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Oystercatchers gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R9 280 per nag (plek vir 12)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za