P6 Costa Smeralda

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

P6 Costa Smeralda is 'n selfsorgwoonstel in 'n sekuriteitskompleks teen die strand in Margate. Dié woonstel is naby die hoofstrand, restaurante, winkels en ander besienswaardighede.

Dit is op die vierde vloer geleë en is smaakvol versier. Daar is 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die sitkamer het 'n TV met volledige DStv en oopvoudeure wat na 'n onderdakbalkon lei. Vooruitbetaalbare WiFi is beskikbaar in die woonstel sodat gaste dit self kan oplaai en gebruik.

Die hoofslaapkamer is gemeubileer met 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer. Die tweede en derde kamers het elk 2 enkelbeddens en deel 'n badkamer. Die kombuis is goed toegerus om maaltye voor te berei.

Daar is 'n gemeenskaplike swembad en braai-area in die kompleks, asook veilige parkeerplek en 24 uur-sekuriteit op die perseel. Die kompleks is net 10 minute se stap van Margate se hoofstrand af.

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Forelhengel
  •  Voëlkyk
  •  Wildritte
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Aparte Toilet
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek

Hier praat ons

  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Waaier

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Op Die Straat

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na P6 Costa Smeralda gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 250 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za