Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Paarl Stay @ 19 Haarlem

  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Haarlemstraat 19, Hoog-En-Droog, Paarl, 7646, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 090 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Paarl Stay @ 19 Haarlem is in Hoog-En-Droog in die Paarl en bied gerieflike oornag-selfsorgverblyf aan 4 gaste.

Die eenheid het 2 slaapkamers, 1 badkamer en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en die tweede slaapkamer het 2 driekwartbeddens. Die badkamer het 'n stort-oor-bad en 'n toilet. Badhanddoeke word voorsien.

Die oopplan-kombuis is met 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas, broodrooster, tee- en koffiemaakgeriewe toegerus en daar is 'n toonbank waar gaste hul etes kan geniet. Sou jy dalk jou klere moet was is daar 'n wasmasjien tot jou beskikking.

Die sitarea het 'n TV met volledige DStv-kanale en gratis WiFi word voorsien. Beide die TV en WiFi word gedurende beurtkrag deur 'n omsetter van krag voorsien, en in sommige vertrekke is lig ook beskikbaar.

Verder is daar 'n gasbraai vir gaste wat dalk wil braai.
Veilige parkeerplek agter 'n elektroniese hek vir 1 voertuig beskikbaar. Parkeerplek vir 'n ekstra voertuig kan vooraf gereël word.

Ons is 150 meter van die Bergrivier oorstap Brug met heerlike staproetes in die nabye Aboretum.
Loopafstand van Boishaai Sportvelde in Brugstraat sou jy graag 'n sport byeenkoms wil bywoon. Die ikoniese Strooidakkerk is in dieselfde straat as PaarlStay@19Haarlem. Indien jy graag jou inkopies wil gaan doen is Zomerlust Spar en Tops slegs
700 meter weg.

Die Paarl het 'n rits restaurante, waarvan ons loopafstand is van Simply Asia, Jackson & Black Steakhouse, Bossa Nova sowel die bekende Hennies Restaurant wat kindervriendelik is. Ons bekende wynplase is 'n klipgooi met jou voertuig. Geniet dan ook die heerlike aktiwiteite beskikbaar soos voetslaan op die gewilde Paarlberg, en 'n besoek aan die bekende Afrikaanse Taalmonument. Die Wynlande spog ook met lugballonvaarte. Vir die kinders is daar veel te doen onderandere 'n besoek aan die Alpaca Loom plaas sowel 'n heerlike water en speelgrond op Graceland Estate.

Slaapplek

’n Bespreking by Paarl Stay @ 19 Haarlem sluit in:

Koninggrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoninggrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging
  • Internet
  • Televisie

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek

Badkamer

  • Bad
  • Aparte toilet
  • Stort
  • Seep

Eenheidgeriewe

  • Elektriese kombers
  • Waaier

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Haardroër
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Eksklusiewe dstv

Opsomming van Resensie

4.9 uit 5van 38 resensies vir Paarl Stay @ 19 Haarlem
Netheid
4.9/5
Diens
4.8/5
Ligging
4.8/5
Veiligheid
4.9/5
Waarde vir geld
4.9/5

Jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Lizette Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 38

Jaar gelys 2

Ligging

  • Haarlemstraat 19, Hoog-En-Droog, Paarl, 7646, Wes-Kaap
  • Gaste dink Paarl Stay @ 19 Haarlem het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 090
per nag (plek vir 4)
Vanaf
Vanaf R1 090
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Haarlemstraat 19, Hoog-En-Droog, Paarl, 7646, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAff5e70ba1e227f42d6bc1dc31ee09484a4b65abd8d492c2080aa345eff2a5dad94ffc35ef73c1b6dfe1634cf505238feaebb?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 090 per nag (plek vir 4) 38 5 1 5 19 Haarlem Street Hoog-En-Droog 7646 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -33.746087348828 18.966347193393
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem