Clarens Akkommodasie by Paddocks 16 | LekkeSlaap
+8
+8

Paddocks 16

9 resensies
Selfsorg
  • Vanaf R2 700 per nag (vir 6 persone)
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Naauwpoortstraat, Clarens, 9707, Vrystaat
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

Paddocks 16 is in die pragtige Vrystaatse dorpie Clarens geleë en bied gehalteverblyf aan 'n gesin of groep vriende. Dis naby Clarens se middedorp waar daar talle winkels, restaurante, galerye en 'n rits doendinge en besienswaardighede vir oud en jonk is.

Die huis is in 'n veilige kompleks en het 3 slaapkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en wasbak. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en die derde het 2 enkelbeddens. Die tweede badkamer het 'n bad, stort, toilet en wasbak. Egiptiese katoenlinne en elektriese komberse word voorsien.

Die kombuis het 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas, koffie- en teemaakgeriewe, breekware en eetgerei. Daar is ook 'n wasmasjien, tuimeldroër, strykyster en strykplank wat veral ideaal is vir gaste wat langer vertoef.

Die sitkamer het oorgenoeg sitplek en 'n TV met DStv. Daar is ook 'n kaggel vir die koue winteraande.

Die toegeboude stoep het 'n dagbed en ingeboude braai sodat gaste enige tyd van die jaar om die vuur kan kuier.

Daar is ook sitplek in die tuin en veilige parkeerplek.

Slaapplek

’n Bespreking by Paddocks 16 sluit in:

Koninggrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoninggrootte-bed
Dubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek

Aktiwiteite op perseel

  • Fietsry

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 9 resensies vir Paddocks 16
Netheid
5.0/5
Diens
4.9/5
Ligging
4.1/5
Veiligheid
4.9/5
Waarde vir geld
4.9/5

Ligging

  • Naauwpoortstraat, Clarens, 9707, Vrystaat
  • Gaste dink Paddocks 16 het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R2 700
per nag (vir 6 persone)
Vanaf R2 700
per nag (vir 6 persone)
Vanaf R2 700
per nag (vir 6 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Naauwpoortstraat, Clarens, 9707, Vrystaat
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAD1FyAf2cL2RAVtoKz6q6vM7fUKSfDYOydTJ4uObUmOgp7fRLU5?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R2 700  per nag (vir 6 persone) 9 5 1 5 Naauwpoort Street Clarens 9707 Vrystaat 086 999 0018 14:00-17:00 10:00 -28.506116160621 28.42122049662
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za