LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Pagasvlei | LekkeSlaap
+21

Pagasvlei

Selfsorg
  • Kapasiteit: 9 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Pagasvlei-weg 27, Constantia, Kaapstad, 7848, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R15 000 per nag (plek vir 9)

Beskrywing

Pagasvlei is 'n ruim vakansievilla in Constantia wat met 'n sonderlinge ontwerp spog. Die enorme vertrekke, hoë mure en geboë strukture herinner aan dié van 'n wynkelder. Die huis is naby wonderlike staproetes, die fietspark, restaurante en Groot Constantia, die oudste wynplaas in Suid-Afrika.

Die huis beskik oor 4 slaapkamers en 4 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en die tweede en derde slaapkamer het elkeen 2 driekwartbeddens wat saamgestoot is. Die laaste slaapkamer het 'n dubbelbed. Elke badkamer het 'n stort en 'n bad en drie van die badkamers is en suite. Die huis beskik ook oor 'n lieflike, groot kombuis, 'n eetarea en 2 sitareas. Die binnekant van die eenheid is versier om warmte en ontspanning te inspireer deurdat aardse kleure in die ontwerp gebruik is.

Die huis bied 'n groot tuinarea met 'n patio, 'n braai-area en 'n swembad met 'n bedekking. Daar is kwartiere vir 'n huishulp. 'n Huishulp kan ook gereël word indien nodig. Die hoofingang bied toegang tot 'n groot ingangsportaal en gaste sal deur die huisbestuurder ontmoet word. Gaste kan in die dubbelmotorhuis met elektriese deure en direkte toegang tot die huis parkeer. Die huis is 'n semi-losstaande eenheid en deel geen verblyfruimtes met die res van die eenhede op die perseel nie. Albei eenhede het hul eie hekke, ingange en die leefareas is aan teenoorgestelde uithoeke van die perseel. Dit is ontwerp met jou privaatheid in gedagte.

Slaapplek

’n Bespreking by Pagasvlei sluit in:

Koninggrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoninggrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Dubbelbed
Slaapkamer 4
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed

Kenmerke

Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Ligging

  • Pagasvlei-weg 27, Constantia, Kaapstad, 7848, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R15 000
per nag (plek vir 9)
Vanaf R15 000
per nag (plek vir 9)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 9 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Pagasvlei-weg 27, Constantia, Kaapstad, 7848, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDc1ZjhmNDVhLTkxMjAtNDU1My1hZmYyLTQxOWNmNTI5NWEzOA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R15 000  per nag (plek vir 9) 27 Pagasvlei Road Constantia 7848 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -34.03011 18.42944
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!