Pakya - The Little Olive Farm

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Pakya is 'n olyfplasie wat tussen Gordonsbaai se heuwels geleë is en lieflike uitsigte op Helderberg en die see in die verte bied. Dit is gerieflik naby die N2 en is net 5 km vanaf Gordonsbaai.

Gerieflike basiese selfsorgverblyf word gebied in 'n tuinkothuis met sy eie ingang. Dié kothuis is in 'n rustige omgewing en bied uitsigte oor die tuin vanaf die privaat patio. Die kothuis is opgeknap en bied slaapplek aan 2 gaste. Dit beskik oor 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, asook 'n eetarea en 'n kombuisie. 'n Heerlike ontbyt word teen ekstra koste bedien.

Gaste kan Gordonsbaai se pragtige strande en wynplase besoek, en ook al langs Clarence-rylaan ry, die kuspad tussen Gordonsbaai en Rooiels. Walvisse is ook tydens walvisseisoen te sien.

Kenmerke

  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Engels
  •  Frans
  •  Duits

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Pakya - The Little Olive Farm gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R730 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za