Palm Beach Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Palm Beach Lodge bied gerieflike selfsorgverblyf in 2 eenhede: 'n outentieke Kanadese hout-lodge óf 'n gesellige kothuis. Albei is in 'n groot, welige tuin met 'n swembad en stroompie. Ons is ook naby Palm Beach, 'n dorpie aan KwaZulu-Natal se Suidkus.

Die lodge is groter as die kothuis. Sy hoofslaapkamer is op die boonste verdieping en het 'n dubbelbed, 'n en suite-badkamer en balkon. Onder is daar 'n dubbelbed en 1 enkelbed, asook 'n aparte badkamer met 'n bad en stort. Die leefarea het 'n slaapbank. Dit lei na die oopplan-eetkamer en -kombuisie wat toegerus is met 'n yskas, mikrogolfoond en tweeplaatstofie met oondjie.

Die sonderlinge kothuis word deur bome omring. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede slaapkamer het 'n stapelbed met 'n dubbelbed onder en enkelbed bo. Die badkamer het 'n stort en bad. Verder is daar 'n sitkamer en kombuisie met 'n yskas, mikrogolfoond en stoof.

Albei huise se leefareas het TV's met plaaslike kanale. Gaste kan hul eie dekodeerder en slimkaart saambring vir DStv-toegang. Linne word voorsien.

Gaste het toegang tot 'n swembad en 'n ruim sonkamer met 'n pooltafel en patio met braaigeriewe. 'n Wasmasjien en tuimeldroër is ook tot gaste se beskikking. Daar is parkeerplek op die perseel.

Palm Beach Lodge is sowat 400 m van die strand af en minder as 2 km vanaf die Mpenjati Natuurreservaat. Dié reservaat is langs die Mpenjatirivier-strandmeer wat gewild is vir doendinge soos visvang, bordseil, bootvaarte, kanovaarte en swem. Die reservaat het ook voetslaanpaaie en uitstekende voëlkykgeleenthede. Palm Beach het een van die mooiste strande. Daar is 'n natuurlike getypoel, riviermonding en geleenthede vir swem en seilplankry. Die area lok ook plaaslike vissermanne.

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Braaiplek

Aktiwiteite Naby

  •  Voëlkyk
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Engels

Parkeerplek

  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Palm Beach Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 098 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za