Palm Paradise

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Palm Paradise bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n drieslaapkamerhuis in 'n singel in Glen Ashley in Durban Noord. Die perseel is net 1,2 km van die strand af en het 'n tuin en 'n swembad. Daar is gedeeltelike see-uitsigte in die verte vanaf die huis.

Die huis het 3 slaapkamers, 'n kombuis en 'n oopplan-leefarea en -eetarea. Die eerste slaapkamer het 'n koninggrootte-bed en die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed. Die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die kombuis het granietblaaie en die oopplan-sitarea en TV-area lei na 'n balkon. Verder het die huis 'n vermaakarea met stoepmeubels en braaigeriewe. Dit is die ideale plek om te sit en ontspan terwyl gaste na die voëls luister.

'n Dubbeldeurmotorhuis is beskikbaar asook oorgenoeg parkeerplek. Die huis is veilig en het paniekknoppies en gewapende reaksie. Verder is die huis 2,4 km vanaf La Lucia Mall en Virgin Active.

Slaapplek

'n Bespreking by Palm Paradise sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Fietsry
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort
  •  Seep

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek

Hier praat ons

  •  Engels
  •  Zoeloe

Kamergeriewe

  •  Waaier

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Palm Paradise gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 699 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za