Palm Springs Resort

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Geniet die sonskynkus. Palm Springs is geleë in 'n asemrowende, veilige riviermonding-omgewing met see -en/of rivier-uitsigte, en privaat toegang tot lieflike strande reg op jou voorstoep. Dit is omring deur die Umlelerivier en die Gulu Natuurreservaat. Voël- en dierelewe is oorvloedig, met bosbokke, neushoringvoëls, visarende, Knysnaloeries en bottelneusdolfyne wat dwarsdeur die jaar waargeneem kan word. Gedurende die walvis-seisoen kan die regte eiendom by Palm Springs jou in staat stel om bultrug- en suidelike noordkapperwalvisse dop te hou van jou eie stoep af.

Geniet ons kothuise, karavaanparke, die rivier, see en strandmeer. Daar is 'n groot verskeidenheid doendinge soos visvang, branderry, kanovaarte, sonbaai, strandsnuffel of vlugbal.

Wil jy in die stad inkopies doen, gaan fliek, of die kinders na die akwarium toe neem? Ons is slegs 15 minute vanaf die Oos-Londen Lughawe en 20 minute vanaf die sentrale sakekern.

Kidd's Beach is net 3 km met die pad af, of 20 minute se stap oor die strand.

Gebruik ons as 'n basis om die Oos-Kaap met sy ryk geskiedenis, asook die parke en voetslaanpaaie in die berge te verken.

Hogsback, King William's Town, Port Alfred, Bathurst en Grahamstad is almal net een en 'n half uur se ry ver.

Die museum in Oos-Londen het die oorspronklike Selakant, en die enigste Dodo-eier in die wêreld. King William's Town spog met Huberta die seekoei, sowel as merkwaardige oorblyfsels uit ons pragtige land se verlede.

Let asb. daarop dat daar tans gewerk word aan die pad op pad na ons instansie. Ry dus asb. stadig en versigtig.

Kenmerke

  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Baarshengel
  •  Voëlkyk
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  24-uur Ontvangs
  •  Braaiplek
  •  Speletjieskamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Konferensiegeriewe

Hier praat ons

  •  Engels
  •  Xhosa

Konferensiegeriewe

  •  Televisie

Maaltye Aangebied

  •  Aandete Op Versoek
  •  Piekniekmandjies Op Versoek
  •  Piekniek-middagete
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Palm Springs Resort gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R900 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za